Shân is the director of Nutrition and Education at the Heart and Stroke Foundation SA. She runs a practice specialising in cardiac disease and eating disorders.
Read more
QUESTION
Ek ly aan hoë bloeddruk wat gewoonlik 187/110 is. Ek gebruik Pharmapress 20 mg. en Atenolol 100mg. daarvoor. Ek kry die verskriklikste hoofpyne wat voel of my kop behoorlik bars. Is my medikasie te swak? Sal dit help as ek my eetgewoontes aanpas?
Baie Dankie.
ANSWER
Hoofpyn is 'n newe effek van Pharmapress wat nie noodwendig beteken dat die medikasie te swak is nie. Baie mense glo dat simptome van 'n hoe bloeddruk hoofpyn insluit maar, in die meeste gevalle, sal 'n mens geen simptome voel as jou bloeddruk te hoog is nie - die rede hoekom dit so belangrik is dat jy gereeld jou bloeddruk laat meet. In die algemeen moet 'n mens hulle eetgewoontes verander om, eerstens, 'n gesonde gewig te handhaaf en, tweedens, om die inname van sout te beperk tot 6g per dag (een teelepel).
Onthou om ook 6-8 glase water per dag te drink om te verseker dat jy nie gedihidreerd is nie, wat ook hoofpyn kan veroorsaak. Verder, raadpleeg jou dokter as die simptome te erg raak.