| KREATIEWE LEEFSTYL  
 
| TEKEN IN OP TUIS | ARGIEWE | CLICK FOR ENGLISH  
              TUIS WERKSESSIES NUUT GESELS SAAM GALERYE AGTER DIE SKERMS KOMPETISIES KONTAK ONS
 
Jy het dit in die tydskrif gesien, kom leer nou hoe om dit self te maak, te kook, te plant of te verf. Ons nooi jou uit na ons werksessies vir 'n geleentheid om jou kreatiwiteit vleuels te gee.

Kom leer sweis
Sluit aan by Tuis en die Suid-Afrikaanse Sweisinstituut (SAIW) vir 'n kursus wat al daai selfdoenprojekte waarvoor jou hande so lankal jeuk, soveel makliker sal maak. Gekwalifiseerde instrukteurs van die Sweisinstituut gaan hul jarelange kennis met jou deel en al jou vrese vir krag- en sweistoerusting uit die weg ruim. Jy sal nie net leer hoe om sweisgereedskap veilig te gebruik nie, jy gaan ook jou eie kershouer maak. Trouens, jy gaan genoeg kennis opdoen om later selfs meer gevorderde projekte soos stoele en tuintafels aan te pak.

Johannesburg
Datum: 25, 26 of 27 Junie
Tyd: 09:00 tot 15:30
Plek: Westelike Boulevard 52, uit Main Reef-weg, City West

Kaapstad
Datum: 2, 3 of 4 Julie 2008
Tyd: 09:00 tot 15:30
Plek: Eenheid 4, Montague-rylaan 29, Montague Gardens


Dekor in 'n dag
Sluit aan by Tuis en Yolande Coutts van Yolande Coutts Living in Johannesburg, en Lenore Uys van Domestic Goddess in Kaapstad, vir 'n teoretiese en praktiese werksessie oor kleur en bykomstighede. Tydens dié sessies behandel ons al die elemente van ontwerp en versiering, die belangrikheid van kleur en hoe jy waarde tot jou huis kan toevoeg met kleur en bykomstighede. Kom put inspirasie, ontdek jou eie kreatiwiteit en kry vertroue in jou dekorvaardighede.

Johannesburg
Oggendsessies: 22 of 24 Mei 2008, van 09:00 tot 12:00
Middagsessie: Net 22 Mei, van 14:00 tot 17:00
Plek: Kreatiewe Leefstyl-raadsaal, 1ste Verdieping, Suid-Blok, Protea-Plek 6, Sandown

Kaapstad
Oggendsessies: 28 of 29 Mei 2008, van 09:30 tot 12:30
Aandsessie: Net 29 Mei, van 17:30 tot 20:30
Plek: Domestic Goddess Academy, Pascaliweg 23, Rosendal, Durbanville
Koste: R250 (R220 vir intekenare)


Selfdoen-werksessie (Kraggereedskap) – Kaapstad
Tuis en Mica hou selfdoenwerksessies in Kaapstad. Tuis se selfdoenredakteur, Ashley Stemmett, gaan jou stap vir stap wys hoe om sweefrakke te bou wat jy as 'n boekrak of pakplek vir CD?s of DVD?s kan inspan. Ashley sal ook wenke gee oor hoe om veilig met kraggereedskap te werk. Jy sal leer hoe om ?n figuursaag, boor, skuurmasjien en koordlose gereedskap veilig te gebruik. Mica verskaf al die materiaal, gereedskap en toebehore.


Datum: 17 of 20 Mei 2008
Tyd: 09:30 tot 12:30
Plek: Mega Mica Tygervallei, Winkel 12, Willow Bridge-noord, h.v. Old Oak-weg en Carl Cronjérylaan, Tygervallei
Koste: R250 (R220 vir intekenare)


Indien jy daar was, herleef weer die opwinding deur na die foto's in die werksessie- galery te kyk. En as jy nie daar was nie, kom kyk gerus wat jy misgeloop het en bespreek nou vir die volgende werksessie.


Bespreek jou plek by ons volgende werksessie deur eenvoudig die vorm hieronder in te vul en op "Stuur" te klik. Ons sal na jou toe terugkom met meer besonderhede en om jou bespreking te finaliseer. Let wel: Die besprekingsvorm is nie finale bevestiging van jou plek by 'n werksessie nie. Eers nadat ons jou geskakel het en betaling ontvang het, kan ons jou bespreking bevestig. Velde gemerk met 'n * is verpligtend en ons het hierdie inligting nodig om jou bespreking vir die korrekte werksessie te bevestig.

* Naam:
* Van:
* Werksessie wat ek wil bywoon:
* Telefoon/Selfoon:
   Faks:
* E-pos:
 
<< TERUG NA TUISBLAD
 
Home
Free Newsletter
Competitions
ON WOMEN24
REGULARS  
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
ABOUT WOMENS 24
Terms and conditions
Contact Us
Advertising


© home 2007. All rights reserved.