'n Laeonderhoudtuin kan ontwerp word om ook waterwys te wees, iets wat dit dubbel aantreklik maak vir groentjietuiniers. 'n Besproeiingstelsel werk die maklikste, veral as dit met 'n gerekenariseerde tydtoestel gekombineer word. Gebruik 'n spesiale "grassnyer-randafwerking" by jou grasperk sodat dit makliker is om rondom die rande te beweeg.
Sandsteen-muurbedekkings al langs die basis van buitemure sal help om verkleuring en vlekke te voorkom wat deur water en modder veroorsaak word. Die plastiek-dekplanke wat hier gewys word, is UV-bestand en sal vir baie jare geen onderhoud verg nie.
Moenie met tweede beste tevrede wees as dit by verf kom nie. Gebruik topgehalte buiteverf wat jou huis vir baie jare teen die elemente sal beskerm. Sierstene het baie voordele, maar danksy geweldige tegnologiese ontwikkelings hoef verf nie meer terug te staan as dit by duursaamheid kom nie.
Seël badkamermure met 'n bind-en-seël-middel voordat die mure gete?word, veral in die storthokkie. Di?iddel moet ook met die voegbry gemeng word om ?n waterdigte sperlaag te skep.
Porseleinteëls van goeie gehalte (of behoorlik verseëlde teëls van natuurlike klip) is 'n voor-vereiste vir 'n kombuis waar voeteverkeer, vlekke en skade wat veroorsaak word deur goed wat val, die waarde van die huis kan verminder. Oorweeg duursame muurverf wat gewas kan word, of 'n spatplaat van porseleinteëls wat merke op die mure sal keer. Losstaande kombuiseenhede sal nie so maklik deur water beskadig word as die wasmasjien dalk oorloop nie, en 'n loodgieter kan ook makliker toegang kry.
Te veel huiseienaars dink
die gebruik van hout in die
huis is nie sinoniem met
min onderhoud nie.
Tog kan houtvloere, soos
di?reffende bamboesvloer,
baie duursaam
wees, en so ook houtraamvensters
wat vir baie jare
'n gevoel van warmte sal
verleen as jy dit van die
begin af behoorlik behandel.
Oorweeg regte houtblindings
soos dié vir vertrekke
wat baie son kry,
en spesifiek vir groter
vensters. Gebruik die
plastieksoort vir kleiner
vensters en dele wat vogtig
is, soos badkamers.