2 Merk met 'n potlood en kombinasiewinkelhaak
'n hoek van 45? aan een
punt van A en albei punte van B, C, D,
F en G. Maak seker jy merk die punte
in teenoorgestelde rigtings.
4 Gebruik die 8 x 40 mm-spaanderbordskroewe
om die twee planke van 2 044 x
44 x 22 mm (A) en die een plank van 938
x 44 x 22 mm (B) aan die bestaande raam
vas te skroef (soos op die foto).
5 Sit die twee lengtes van 1 990 x 69 x
22 mm (C) – die regop planke links en regs
van die sifdeur – vas aan die twee lengtes
van 848 x 69 x 22 mm (D) – die bo- en
onderkante van die sifdeur – deur eers
4 mm-leigate te boor waar dit aangedui is.
7 Meet 'n punt halfpad tussen die boen
onderkant van die raam en sit die
dwarsplank van 710 x 69 x 22 mm (E)
in posisie vas op dieselfde manier as
in stap 6.
8 Knip met 'n skêr twee ewe groot stukke
van die sifgaas wat 30 mm oor al die
raamopening se rande sal strek. Kram
die gaas aan die deurraam vas ongeveer
8 mm van die rand en op tussenruimtes
van 50 mm. Trek die gaas styf soos jy om
die opening werk.