Dié kombuis het nie genoeg taakbeligting vir die werkoppervlakke gehad nie. Kyk hoe lyk dit nou!
Voor die tyd Dis ideaal as jou kombuis 'n suigwaaier
het, want die meeste het 'n kragpunt net
agter of onder dit. As jy nie een het nie, soos in
die kombuis wat ons hier wys, moet jy 'n ander
plan maak: Ons het die draad van die kas al bo
die teëls langs tot by die naaste kragpunt gelei.
1. Pak die kaste uit en merk die plekke waar jy die
ligte wil installeer. Gebruik 'n elektriese boor en
die gatsaagstuk om gate soos op die foto te boor.
4. Stroop die punte van die elektriese draad skoon
en konnekteer dit met die oorblywende verbinders
op die transformator. Herhaal dié proses totdat al
die ligte in serie verbind is. Onthou, jy moet een
transformator vir elke twee ligte gebruik.
5. Span 'n gomgeweer in om die transformators
en elektriese drade op hulle plek te hou. Installeer
die skakelaartjie op 'n gemaklike plek – net binne die kas of daaronder
is die beste. Maak nou laastens die kragprop aan die ander punt van die
elektriese draad vas.
Die term "taakbeligting" sê presies wat dit is, want ligte
in die kombuis moet baie harder werk as in enige
ander vertrek. Ons wys hoe jy meer lig op jou handewerk
kan werp deur kolligte in jou ingeboude kombuiskaste
te installeer.