| Boodskap: |
Goeiedag
Ek soek raad met teels wat baie glad is, nie net wanneer dit reen nie maar sommer altyd. Ons het bejaardes en kleinkinders wat gereeld by ons kuier en in een van die wonderlike artikels wat julle in 2007 geplaas het was daar n middel wat ons kon smeer aan die teels om hulle minder glad te maak. Ek is dringend op soek na hierdie inligting en sal dit baie waardeer as julle dit vir my kan e-pos. Julle tydskrif het my al mening maal gered en idees gegee hoe om my huis te verbeter. Die artikels oor die sandsak huis en die regpak van kaste het my geinspireer om ny kaste ook reg te pak en weg te gooi, aangesien ek n gaarder is.
Baie dankie. Doen so voort' |