| KREATIEWE LEEFSTYL  
 
| TEKEN IN OP TUIS | ARGIEWE | CLICK FOR ENGLISH  
              TUIS WERKSESSIES NUUT GESELS SAAM GALERYE AGTER DIE SKERMS KOMPETISIES KONTAK ONS
 
 

Wen Ondermatverhitt ter waarde van R30 000 van Warmup

Keer dat die koue dié winter jou gebeente betrek – kry Warmup-verhitting onder jou matte. Met energiebesparing tans die gonswoord, is dit die perfekte keuse om genoeg warmte onder jou voete te bewerkstellig. Terwyl Warmup die hele vertrek van die vloer af warm maak, gebruik dit minder energie as ander stelsels, dis uit die oog, veilig en verg geen instandhouding nie. 'n Strook van 70 x 180 cm gebruik minder krag as drie gloeilampe; boonop kan jy beheer neem oor jou energieverbruik met die nuttige inprop-termostaat en programmeerbare Set&Forgettydskakelaar. Die stelsel bestaan uit 'n spiraalelement gehul in 'n papierdun aluminium-aardskut, wat tussen die mat en die ondervilt aangebring word.

Die Warmup-verhittingstelsel kan onder enige mat met 'n polipropileen- of goiing-rugkant, onder geweefde matte, klapperhaar- of sisalmatte én onder los matte gebruik word, mits hulle op 'n ondervilt van minstens 1 000 g of die Belgotex Orange- of Blue-ondervilt lê. Dit kan nie onder matte met brokskuim-ondervilt of sponsrugkante gebruik word nie. Die verhittingstelsel kan selfs onder bestaande matte geïnstalleer word.

Skakel Warmup by 0800 006 565 as jy meer inligting of die naam van jou naaste leweransier verlang.

DIE PRYS Drie gelukkige lesers sal elkeen Warmup-ondermatverhitting ter waarde van R10 000 wen. Die prys sluit Warmup-inproptermostate asook installering in.
TOTALE WAARDE: R30 000
Vraag: Wie vervaardig verhittingsmatte wat geen onderhoud verg nie?
Sluitingsdatum: 13 Mei 2008

Skryf so in
Jy kan op vier maniere inskryf

  • Skryf die antwoord op die maklike vraag, en jou volledige kontakbesonderhede, op 'n poskaart en pos dit aan Tuis/Warmup-kompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000.
  • Stuur die antwoord en jou kontakbesonderhede per e-pos na kompetisie@tuis.co.za – tik ?Warmup? in die onderwerpveld.
  • SMS net die antwoord na 35988 – maak seker die antwoord is reg gespel (SMS'e kos R3).
  • Bel die spesiale kompetisielyn by 0862 211 006

    Wen verf ter waarde van R30 000 van Plascon

    Huisversierders vertrou jaar na jaar op Plascon om uit te vind watter kleure die volgende paar maande die botoon gaan voer. Dié verfkenners motiveer klante graag om meer skeppend te wees in hul kleurkeuses, en gee leiding oor kleurskemas. Met hul Visualiserprogram kan klante byvoorbeeld sien hoe hul huise in verskillende skakerings sal lyk. Kom toets dit self by jou Plascon-verfhandelaar of die Living Concepts-vertoonkamer in Gauteng.

    Plascon bied 'n 7-jaarwaarborg op al sy topverwe (Double Velvet, Cashmere, Velvaglo, Wall & All, Micatex en Nuroof) – registreer eenvoudig by die waarborglyn, 0860 77 00 77, nadat jy jou verf gekoop het. Tegniese adviseurs sal selfs na jou huis kom om ingewikkelde probleme te help oplos in Johannesburg, Durban, Kaapstad en Port Elizabeth. Skakel Plascon se adviesdiens, 0860 20 40 60, of besoek www.plascon.co.za vir raad oor spesifieke produkte en hul gebruike. Plascon bied jou 'n volledige oplossing om verfkoop makliker te maak.

    DIE PRYS Vier lesers sal elkeen 'n keur van Plascon-verwe ter waarde van R7 500 wen.
    TOTALE WAARDE: R30 000
    Vraag: Watter vervaardiger se top-verwe dra 'n 7-jaarwaarborg?
    Sluitingsdatum: 13 Mei 2008

    Skryf so in
    Jy kan op vier maniere inskryf

  • Skryf die antwoord op die maklike vraag, en jou volledige kontakbesonderhede, op 'n poskaart en pos dit aan Tuis/Plascon-kompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000.
  • Stuur die antwoord en jou kontakbesonderhede per e-pos na kompetisie@tuis.co.za – tik "Plascon" in die onderwerpveld.
  • SMS net die antwoord na 35988 – maak seker die antwoord is reg gespel (SMS'e kos R3).
  • Bel die spesiale kompetisielyn by 0862 211 006

  • Home
    Free Newsletter
    Competitions
    ON WOMEN24
    REGULARS  
    Columnists
    Blogs
    Cartoons
    Find restaurants
    ABOUT WOMENS 24
    Terms and conditions
    Contact Us
    Advertising


    © home 2007. All rights reserved.