| KREATIEWE LEEFSTYL  
 
| TEKEN IN OP TUIS | ARGIEWE | CLICK FOR ENGLISH  
              TUIS WERKSESSIES NUUT GESELS SAAM GALERYE AGTER DIE SKERMS KOMPETISIES KONTAK ONS
 
 

Vandeesmand in Tuis

Sien wat Tuis vir jou hierdie Junie bring – jou praktiese tuin-en-huisgids.

Spesiale bylae
Operasie Opknap
Winter is die perfekte tyd om terug te kruip in jou dop en uiteindelik al daardie dringende dekor- en selfdoenprojekte aan te pak wat waarde sal toevoeg tot jou blyplek: Gee jou leefkamer nuwe lewe, installeer self nuwe vloerlyste of taakbeligting vir jou kombuis, verander die dekorstyl van jou slaapkamer, bou 'n elegante spieëltafel en nog vele meer!

Dekor
Vúúrwarm
'n Kaggel is nie net 'n gesellige bymekaarkomplek wat jou huis heerlik warm hou nie, maar ook 'n belangrike fokuspunt. Ons gee 'n paar praktiese wenke en wys wat jou keuses is.

Tuine
Verbeeldingsvlug
Vergeet van die bure, die tuinboeke, die reëls, die middelklas konvensies, die modes. Droom 'n slag, gebruik jou verbeelding en maak 'n toevlugsoord wat jóú persoonlikheid weerspieël. Ons wys vier unieke oases om jou gedagtes vleuels te gee.

Krap jou eie potjie
Met mooi potte en interessante inheemse plante kan jy vir 'n patriotiese skouspel in jou tuin sorg. Ons wys 8 trots Suid-Afrikaanse potplantresepte.

Niemandsland
Die toestand van daardie aardige stukkie tuin voor jou huis – die sypaadjie – verklap hoe jy oor gaste én vreemdelinge voel. Ons gee 'n paar ontwerpriglyne en wys sewe sypaadjietuine om jou te inspireer.

Kos
'n Peer van 'n ander kleur
Avokado's is een van die winter se grootste plesiere en boonop voedsaam, vullend en propvol vesel, vitamiene en anti-oksidante. Ons tien resepte vier die veelsydigheid van dié romerige vrug.

Prutkos vir die winter
Klassieke geregte wat stadig stowe tot 'n geurige eindresultaat, is nét die ding waarmee jy die ergste winterkoue kan verdryf.

Stap vir stap: Grenadellakonfyt

Drankie van die maand: Rooiwyn

LEES ALLE HIERDIE MAAND ARTIKELS »

Home
Free Newsletter
Competitions
ON WOMEN24
REGULARS  
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
ABOUT WOMENS 24
Terms and conditions
Contact Us
Advertising


© home 2007. All rights reserved.