| KREATIEWE LEEFSTYL  
 
| TEKEN IN OP TUIS | ARGIEWE | CLICK FOR ENGLISH  
              TUIS WERKSESSIES NUUT GESELS SAAM GALERYE AGTER DIE SKERMS KOMPETISIES KONTAK ONS
 
 

Vandeesmand in Tuis

Sien wat Tuis vir jou hierdie January bring – jou praktiese tuin-en-huisgids.

Dekor
Kamers wat saam groei
Kinders ontgroei hulle slaapkamermeubels baie vinnig, maar as jy van die begin af die regte multifunksionele meubelstukke kies, kan jy dit aanpas sodat dit later ook aan die behoeftes van 'n jong tiener en 'n student voldoen.

Kry die huis in orde
Waarom wy jy nie vanjaar jou lysie Nuwejaarsvoornemens aan 'n realistiese regrukplan vir jou huis nie? Ons deel idees vir elke vertrek.

Kul jou hier?
Party huise het dit net: daardie professionele "ontwerpersgevoel". Ons wys 11 idees om met verf, strukture, bêreplek, lig en tekstuur dieselfde reg te kry en deel 'n klompie ontwerpgeheime.

Agter die kap van die styl
Terme soos "modern", "art deco" en "pop" word gereeld in die dekorwêreld gebruik. Ons verduidelik wat hierdie style behels en wys hoe jy dieselfde voorkoms kan kry.

Selfdoen
'n Bed met bêreplek
Dié bed met baie bêreplek is die perfekte oplossing as dit gedurig lyk of jou kind se kamer deur 'n tornado getref is met klere en speelgoed wat oral rondlê.

Bou 'n rakeenheid
Timmer 'n eenvoudige rakeenheid wat ook ingespan kan word om 'n vertrek te verdeel. Ons wys drie heeltemal verskillende voorkomste.

Ruk die garage reg
'n Garage kan alte maklik in 'n deurmekaarspul ontaard. Volg ons maklike stappe om jou garage reg te ruk of probeer ons twee selfdoenprojekte om dit netjieser te laat lyk en bêreplek te skep.

Tuine
Malva-lekker
As jy kleur en geur soek, water wil spaar en nie veel tyd het om in die tuin te bestee nie, moet jy by die malva-bewonderaarsklub aansluit, want Ouma se gunstelinge is weer hoogmode.

Tawwe tiemie
Tiemie is al vir eeue een van die veelsydigste en gewildste kombuis- en medisinale kruie. Ons wys ook hoe om 'n maklike tiemiewiel te plant.

Die sterre voorspel
Voel jy lus om jou hele tuin uit te pluk in 2006, of wil jy net terugsit en hoop vir die beste? Ses van Suid-Afrika se voorste tuinkenners vertel ons watter tuinmodes in 2006 hoogty gaan vier en deel 'n klomp Nuwejaarsvoornemens.

5 Somerpotte met skop
Tuinmaak is 'n plesier wat almal beskore is, selfs al het jy net 'n pot of twee. Ons deel wenke om 'n somertuin in 'n pot te plant en deel vyf kleurvolle resepte.

'n Pil van elke tuinpyn
Elke tuin het sy pyn: te veel son of skaduwee, lelike hoeke, onooglike bousels, beklemmende mure, geen kuierplek? Ons deel 'n paar pille uit waarmee lesers dié agt tuinkopsere kan laat wyk.

'n Plan vir elke seisoen
Ons bondige tuinjaarplan sal jou in 2006 aan elke seisoen se belangrikste tuintake herinner.

Plant 'n pruimboom
Pruimbome (Prunus domestica) is dalk nie so gesog onder tuiniers soos hulle niggies appelkose en perskes nie, maar vars, ingelê of as konfyt hoef hulle nie 'n tree terug te staan nie.

Kos
Swierige pruime
Pruime is een van die somer se lekkerste steenvrugte wat sommer net so van die boom af geëet kan word, maar dié vier swierige resepte wys dit hoef nie 'n alledaagse ervaring te wees nie.

Vars uit die see
Vars vis is nie net gesond en smaaklik nie, maar ook die perfekte manier om die somer te vier.

Koel af met kruiedrankies
Dié heerlike dorslessers met kruie, vrugte en groente is maklik om te maak, en jy kan dit sommer uit jou tuin oes.

Stap vir stap: Onderstebo tamatietert

Drankie van die maand: Gin

LEES ALLE HIERDIE MAAND ARTIKELS »

Home
Free Newsletter
Competitions
ON WOMEN24
REGULARS  
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
ABOUT WOMENS 24
Terms and conditions
Contact Us
Advertising


© home 2007. All rights reserved.