| KREATIEWE LEEFSTYL  
 
| TEKEN IN OP TUIS | ARGIEWE | CLICK FOR ENGLISH  
              TUIS WERKSESSIES NUUT GESELS SAAM GALERYE AGTER DIE SKERMS KOMPETISIES KONTAK ONS
 
 

Vandeesmaand in Tuis

Sien wat Tuis vir jou hierdie Januarie bring – jou praktiese tuin-en-huisgids.

 

Dekor
Oop en toe (en iets tussenin)
Dit verg soms kopkrap as 'n mens moet besluit wat jy voor vensters moet hang. Is voorkoms, privaatheid of koelte die belangrikste? Ons gee raad.

Kleur of neutraal?
Kleur kan die hele voorkoms en atmosfeer van 'n vertrek verander. Ons het dieselfde ruimte en ankerstukke – 'n rusbank, eetkamertafel en bed – gebruik en met twee verskillende kleurskemas geëksperimenteer.

Gee erfstukke nuwe lewe
Dis 'n dekortameletjie wat selfs tot onterwing kan lei: Wat doen 'n mens met oorle' Oupa se geliefde ou hangkas? Ons wys erfstukke hoef nie altyd in formele leefvertrekke gebruik te word nie, én gee 'n paar versorgingswenke.

Styl van die maand: Koel kontemporêr

Selfdoen
Dokter jou vensters
Met 'n laag verf en nuwe vensterbehandelings kan 'n mens enige vertrek dramaties verander. Ons wys hoe om blindings te hang en gordynrelings te installeer.

Hou die goggas buite
Saam met die lieflike somerweer daag ook onwelkome goggas op. Maak dié outydse sifskerm vir jou deur (of vensters) om die vlieë en muskiete buite te hou.

Hondehotel
Jou beste (vierbeen) vriend verdien meer as 'n treurige hoekie in die motorhuis, maar 'n groot hondehok sal jou maklik meer as R1 000 uit die sak jaag. Maak dié een vir minder as R400.

Tuine
Potpourri
Potte is draagbare ontwerpelemente waarmee jy vinnig fokuspunte kan skep, leë spasies kan vul en jou verbeelding op 'n avontuur kan stuur. Ons wys agt plesierige potplanne.

'n Skoon blaadjie
'n Spierwit tuin of tuinhoekie vorm 'n koel, kalm oase waar jy lafenis kan soek teen die somerhitte, en met die regte beligting kan jy saans 'n hond uit 'n bos kuier in 'n romantiese maanligtuin. Ons wys jou hoe om 2007 op 'n skoon blaadjie te begin.

Daar kom tant Salie
Elkeen wat al 'n salie of twee in die tuin gehad het, sal weet dié outydse staatmakers het g'n fiemies nie en bring seisoen ná seisoen net plesier.

Kweek self komkommers
Vir komkommers het 'n mens báie plek nodig, maar plant tot 'n saadjie of twee, want een plant sal genoeg dra vir 'n gesin van vyf.

Kos
Komkommertyd
Komkommers is g'n net slaaikos nie. Ons agt resepte wys daar's veel meer aan dié ou staatmakers.

Happityt!
In die hoogsomer is al wat leef en beef in 'n partytjieluim, maar niemand is lus vir swaar, warm kos nie. Met ons vyfster-vingerhappies (en bottels yskoue vonkelwyn) is die feestelikheid gewaarborg.

Stap vir stap: Sushi

Drankie van die maand: Sauvignon blanc

LEES ALLE HIERDIE MAAND ARTIKELS »

Home
Free Newsletter
Competitions
ON WOMEN24
REGULARS  
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
ABOUT WOMENS 24
Terms and conditions
Contact Us
Advertising


© home 2007. All rights reserved.