| KREATIEWE LEEFSTYL  
 
| TEKEN IN OP TUIS | ARGIEWE | CLICK FOR ENGLISH  
              TUIS WERKSESSIES NUUT GESELS SAAM GALERYE AGTER DIE SKERMS KOMPETISIES KONTAK ONS
 
 

Vandeesmaand in Tuis

Sien wat Tuis vir jou hierdie Desember bring – jou praktiese tuin-en-huisgids.

Dekor
Glans met glas
Glas is die perfekte materiaal om jou huis 'n glansvoorkoms te gee. Ons wys hoe om dit met perspex, spieëls en ander weerkaatsende materiaal te meng (en die asems weg te slaan).

Gooi oop jou deure
Die groot kuiermaand is hier. Ons wys hoe jy jou huis partytjievriendelik kan maak–of jy hou van baai, braai of sommer net fuif.

Altyd vakansie
In die vakansie wil 'n mens jou nie verknies oor duur meubels en afwerkings wat beskadig word terwyl die partytjie aan die gang is nie. Hier is 'n paar dekorwenke vir vakansiehuise wat net so maklik kan werk in 'n huis waar die inwoners wil terugsit en ontspan.

Selfdoen
Gee daar 'n dubbel!
Onthaal dié somer in styl op die patio of om die swembad. Beïndruk die kuiergaste met jou goeie smaak en vaardighede deur een (of selfs al twee) dié elegante dranktrollies te maak.

Maak 'n romantiese tuinlig
Gee dié feesseisoen jou buite-onthale ekstra elegansie met ons romantiese lanternhangers. Ons wys twee opsies.

Gebou om te hou
'n Paadjie is in enige tuin 'n aanwins. Dit vat jou nie net na die mooi plekke toe nie, maar kan self ook iets vir die oog wees. Ons wys jou stap vir stap hoe om 'n laterietpaadjie te bou–een wat boonop sal hó?.

Tuine
Gou-gou mooi
Ja, jou tuin is nou al goed gevestig, maar jy kán nuwe lewe daarin blaas deur aandag te gee aan klein dingetjies–en dit hoef nie jou Kersbegroting te ruïneer nie. Gebruik sommer ashoopgoed, optelgoed of vergete goed. Hier is vyf kitsplanne om jou verbeelding op loop te sit.

Baie tuin met min water
'n Waterskaarste is geen rede om 'n saai tuin te hê nie. Ons wys hoe jy dié somer met slim beplanning en inheemse plante 'n lushof kan maak wat boonop min onderhoud verg.

Alla Krismis!
Kersfees in Suid-Afrika is sinoniem met krismisrose. Plant 'n bedding van dié struike sonder fiemies en geniet die yslike blomkoppe in wit of skakerings van blou en pienk.

Amandels in 'n neutedop
Amandels is ryk aan magnesium en vitamien E, maar jy betáál daarvoor–en moenie dink jy gaan gou 'n klomp geld spaar deur jou eie boom te plant nie.

Kos
Amandelfees
Dié tyd van die jaar het 'n mens dikwels tyd op hande om iets spesiaals vir die Kerstafel te maak. Hier is 'n paar idees met amandels.

Kerskos oor die kole
Min Suid-Afrikaners sal moeg raak vir kuier om die braaivleisvuur. Waarom dit nie ook op Kersdag doen nie?

Stap vir stap: Thai-gevulde hoender

Drankie van die maand: Vonkelwyn en sjampanje

LEES ALLE HIERDIE MAAND ARTIKELS »

Home
Free Newsletter
Competitions
ON WOMEN24
REGULARS  
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
ABOUT WOMENS 24
Terms and conditions
Contact Us
Advertising


© home 2007. All rights reserved.