Dekor
Mooi loop
Vloerbedekkings het 'n groot invloed op die styl, atmosfeer en herverkoopwaarde van jou huis. Ons wys watter matte, teëls, sement-, hout- en gelamineerde vloere beskikbaar is.
Trippe, trappe, trone
Trappe is nie net 'n middel tot 'n doel nie, maar ook 'n dekoratiewe element in jou blyplek.
Put plesier uit tekstuur
Tekstuur speel 'n belangrike rol in enige dekorskema: Dit gee 'n vertrek karakter en is 'n atmosfeerskepper soos min.
Selfdoen
Op grondvlak
Oorweeg jy dit om jou vloer af te vlak? Ons vertel meer oor die regte produkte en hoe om te werk te gaan.
Pak- én hangplek langs die trap
Bêre hoede, jasse en skoene netjies sodat jy met 'n pragtige portaal kan spog.
Musiek vir die massas
CD- en DVD-bêreplek raak dikwels 'n probleem soos jou versameling uitbrei. Ons wys hoe om 'n slim CD-bêrerak te maak én hoe jy dit kan aanpas om by jou behoeftes (en styl) te pas.
Tuine
Nooi die natuur tuin toe
As jy ernstig is oor natuurbewaring, moet jy jou hand in eie boesem steek wanneer jy in jou tuin werskaf. Ons wys wat jy alles kan doen om jou gewete net so groen soos jou vingers te kry.
Vat so, booswig!
Van ons bekendste tuingunstelinge is deesdae amptelik (of potensieel) onkruid- en indringerplante. Ons vertel alles wat jy moet weet en wys 'n paar veilige plante waarmee jy bekende uitlandse boelies kan vervang.
10 top inheemse bome vir jou tuin
Maak vandag nog 'n ingeligte groen belegging en plant 'n inheemse boom vir jou nageslag. Ons wys ons 10 inheemse gunstelinge (en sê hoekom hulle so spesiaal is).
Kos
Pokkels vir die pot
Bak dit, kook dit, braai dit, maak dit fyn? eerlikwaar, wat sou die koswêreld doen sonder aartappels? Ons tien resepte vier die vele fasette van dié knolpokkels.
Soetlief
Staal jou van binne af teen die winterkoue met 'n bak stomende poeding wat jy sélf gebak het. Ons ses soet resepte kan ewe maklik saam met koffie voorgesit word.
Stap vir stap: Lekker wilde pastasous
Drankie van die maand: Leer hoe om die regte wyn te kies om jou ete te komplementeer.