Genoeg vir: 4 porsies
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
sowat 80 ml swart
sesamsaad
4 porsies vars salmfilette,
elk sowat 200 g
sout en varsgemaalde
swartpeper
sesam-, grondboontjie- of
olyfolie om aan te klam
1 Plaas die sesamsaad droog in
'n braaipan en rooster oor
matige hitte tot die geur
ontwikkel. Hou eenkant.
2 Geur die salm met sout en
varsgemaalde swartpeper en
vryf die vis oraloor met
sesam-, grondboontjie- of
olyfolie. Sprinkel sesamsaad
oor die een kant van elke
salmfilet en druk liggies vas
met jou hande.
3 Plaas die salmfilette op 'n
gesmeerde bakplaat, met
die sesamsaadkant na bo,
en oondrooster tot so gaar
soos verkies. Sit voor saam
met gestoomde swart rys en
tatsoi-blare wat met 'n Oosterse
slaaisous aangeklam is.
Wyn Voorstel ek hou van
sauvignon blanc by salm, maar
saam met die tikkie oosterse
invloed van die sesam-olie en
tatsoi-blare sal 'n chenin blanc
of viognier ook werk.