|
|
|
|
Lagie vir lagie goue geur
Veelsydige blaardeeg is geskik vir soet- én soutgebak.
Hier is 'n lekker resep met klaar gekoopte skilferkorsdeeg.
|
Bessie-mille-feuille
Genoeg vir: 8
Bereidingstyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 220 °C
Baktyd: 30 minute
600 g skilferkorsdeeg
100 g haselneute, gerooster, fyngekap
45 ml suiker Bakkersvla
500 ml melk
30 ml botter
1 vanieljepeul, in die lengte oopgesny, saadjies uitgeskraap
4 eiergele
100 g strooisuiker
30 g mielieblom
knippie sout
250 ml room
250 g vars bessies
100 g strooisuiker
1 Voorverhit die oond. Voer
'n bakplaat met bakpapier
uit. Rol die deeg op 'n
meelbestrooide oppervlak uit
tot 'n dikte van sowat 3 mm.
Lig die deeg versigtig op en
plaas dit op die bakpapier op
die bakplaat. Bak vir sowat 10
minute teen 220 °C. Verlaag
die oondtemperatuur en bak vir
nog 10 minute teen 200 °C en
daarna vir nog 10 minute
teen 180 °C.
2 Meng die haselneute en
suiker en sprinkel 'n bietjie
daarvan oor die deeg sodra dit
uit die oond kom.
3 Berei die bakkersvla Verhit
die melk, botter en vanieljesaadjies
tot kookpunt. Verwyder
van die hitte en laat eenkant
staan om te trek.
4 Klits die eiergele, strooisuiker,
mielieblom en sout saam.
Voeg die warm melk stadig by
die eiermengsel terwyl jy dit
aanhoudend klits. Giet alles
weer terug in die kastrol en
verhit dit oor lae hitte terwyl
jy dit aanhoudend klits totdat
dit die agterkant van 'n metaallepel
bedek. Dit sal dikker
wees, maar mag nie kook nie.
Verwyder van die hitte en laat
afkoel. Klits die mengsel elke
nou en dan om te voorkom dat
'n vel bo-op vorm. Dit moet tot
kamertemperatuur afkoel.
5 Klits die room styf sodra die
vla afgekoel is. Vou die geklitste
room in die vla en sit dit in die
yskas tot nodig.
6 Rol die bessievrugte in
die strooisuiker. Sny die
skilferkorsdeeg in reghoekige
vorms. Stapel die deeg,
suiker-en-haselneutmengsel,
bakkersvla en bessies bo-op
mekaar en eindig met 'n laag
skilferkorsdeeg. Sif laastens
'n bietjie versiersuiker oor en
sit voor.
|
|