Belangrike houtwenke
Die saaglys (A-D)
kan uit vier rakborde
gelamineerde dennehout
van 1 800 x 455 x 18 mm
gesaag word.
Die stutte (E en F)
word uit drie dennehoutborde
van 1 800 x 69 x
32 mm gesaag.
Die opsionele rakke (H)
moet uit 'n bykomende
bord gesaag word.
Maak seker jou handelaar
saag die hout akkuraat
volgens die spesifikasies. Net 1 mm te veel
of te min kan probleme
veroorsaak wanneer
die eenheid aanmekaar
gesit word.
Inkopielys
Saaglys (gelamineerde dennehout)
A – Bo- en onderkante: 2 planke
van 1 800 x 455 x 18 mm
B – Vertikale dele: 4 planke van
455 x 414 x 18 mm
C – Middelste rak: 1 plank van
568 x 455 x 18 mm
D – Deure: 2 planke van 572 x
406 x 18 mm
E – Lang basisstutte: 2 planke van
1 740 x 69 x 32 mm
F – Kort basisstutte: 2 planke van
257 x 69 x 32 mm
Saaglys (ander)
G – Rugkant: 2 hardebordplanke
van 600 x 450 x 3 mm
H – Opsionele kasrakke: 2 dennehoutplanke
van 576 x 400
x 18 mm
Ander
16 mm- en 45 mm spaanderbordskroewe
houtlym
4 (geelkoper-) skarniere
2 handvatsels
paneelspykertjies
4 x 75 mm-rolwieletjies (twee
met remme)
houtvulstof
growwe en mediumgrint
skuurpapier
houtgrondverf
emalje- of akriel-PVA
hoekblokkies (opsioneel)
Wat het jy nodig?
skerp potlood
maatband
koordlose of kragboor
3 mm-boorpunt
versinkboorpunt
fi guursaag
staalliniaal
skuifl iniaal of winkelhaak
hamer
baan- en bandskuurder
verfkwas
sponsroller
Kliek hier vir 'n stap-vir-stap gids.