Jou eie tuisteaterstel sorg vir die beste van die fliekervaring in jou eie huis: Nie net het jy klank wat jou omring ("surround-sound") en reg in die middle van die aksie plaas nie, maar jy't ook 'n groot skerm, waarmee jy die kleinste detail kan sien en dus veel meer deel voel
van die storie.
Daar is nie een spesifieke soort tuisteaterstel
nie. Dis eerder 'n kombinasie van komponente
waaruit jy kies en wat jou sak en
lewenstyl pas. Die geheim is om te weet wat
beskikbaar is én wat dié toestelle se sterk
en swak punte is.
Dié maand fokus ons op wat jy moet
weet om aan die gang te kom en kyk in
diepte na televisiestelle.
Spring weg
Om 'n tuisteaterstel aanmekaar te slaan het jy
die volgende nodig: 'n televisiestel, 'n klank/
video-ontvanger en versterker, 'n terugspeeltoestel
soos 'n DVD- of videospeler, en 'n omringklank-
luidsprekerstel.
Die klank/video-ontvanger en versterker het
dieselfde doel as 'n ontvanger en versterker in
'n hoëtroustel. 'n Tuisteaterstel ontvang seine
van toestelle soos 'n DVD- of videospeler, 'n
M-Net- of DStv-dekodeerder óf van speletjietoestelle
soos 'n Playstation 2. Daardie seine
word dan "gelees" en versterk voordat dit na
jou televisiestel en luidsprekers gestuur word.
'n Mens kry die ontvanger en versterker in
een eenheid (dan word dit gewoonlik as
'n alles-in-een-tuisteaterstel verkoop mét al
die luidsprekers), of jy kan al die komponente
(klank/video-insette, 'n voorversterker, 'n omringklank-
dekodeerder of seinprosesseerder,
versterkers vir elke klankkanaal en uitsette)
apart koop en 'n meer gesofistikeerde
stel opbou.
Die kenners is dit eens dat dit die beste is
om rond te snuffel en te weet waarna jy soek
sodat jy die handelsmerk(e) van jou keuse
teen die regte pryse kan kry. Intreevlak-items,
teen meer bekostigbare pryse, is beskikbaar
by winkels soos Game, Dion en Hi-Fi
Corporation, terwyl middelvlak-toerusting by
maatskappye soos Audio Vision in die Wes-
Kaap of Hirsch's in KwaZulu-Natal en Gauteng
te koop is. Hier is ervare personeel beskikbaar
wat al jou tegniese vrae behoorlik sal kan
antwoord. Natuurlik sal die gesofi stikeerde
items 'n mens baie opgewonde maak, maar
dis baie duur.
Die beeld
'n Mens kan uit 'n hele paar televisiestelle en
projeksiestelle kies, elkeen met sy eie vooren
nadele. Voordat jy enigiets koop, moet
jy weet wat jy uit die stel wil kry, wat by jou
lewenstyl pas en watter eienskappe vir jou die
belangrikste is.
Konvensionele
TV's
Konvensionele TV's gebruik die
tegnologie van dekades gelede:
die katode-straalbuis (CRT).
'n Mens moet twee faktore in
ag neem as jy 'n konvensionele
TV aanskaf – die platheid en die
tempo waarteen dit verfris. Platter
skerms sorg vir minder skittering
en weerkaatsing, 'n wyer kykhoek
en minder verwringing. Die
meeste konvensionele stelle het
'n verfristempo van 50 Hz, maar
sommige van die beter stelle spog
nou met 'n tempo van 100 Hz:
Die beeld is duideliker en die
kleur veel ryker, maar jy kan jou
maar regmaak om dubbel soveel
op te dok daarvoor.
Voordele
Beproefde tegnologie.
Baie bekostigbaar.
Nadele
Tegnologie is baie oud en
raak uitgedien.
Flikkerings en skandeerlyne.
Neem baie plek op.
Nabygeleë luidsprekers en
ander magnetiese toestelle kan
beeldverwringing veroorsaak.
Verloor die helfte van
die helderheid ná omtrent
25 000 uur.
Die fisieke grootte van die
grootste stelle (gewoonlik omtrent
101 cm) is nie regtig geskik vir
'n ware tuisteaterstel nie.
Projektors
'n Projektor kan aan die plafon vasgemaak of op 'n tafel gesit
word sodat jy die beeld op 'n skerm
kan werp. Die gloeilamp se leeftyd
is tussen 1 000 en 4 000 uur, maar
'n mens kán dit vervang. As jy op
soek is na 'n projektor vir 'n tuisteater,
moet jy bewus wees daarvan dat
'n hoë kontrasverhouding belangriker
is as die ANSI Lumens-gradering. Die
omgekeerde is waar vir projektors wat
vir sakefunksies gebruik word.
Voordele
Baie goedkoper as plasma of LCD.
Liggewig.
Jy kan dit monteer, rondskuif óf na
'n ander plek neem.
'n Groot beeld.
Nadele
Die beeldgehalte is baie swak
as daar te veel lig in die vertrek is
(dit lyk uitgewas).
Jy sal heel moontlik 'n elektrisiën
se hulp moet inroep vir
die installasiewerk.
Sommige projektors is raserig
(vanweë die waaier),
Geen TV-instemmer nie.
Truprojektortelevisie
'n Mens kry verskillende soorte truprojektor-
televisiestelle wat verskillende
tegnologieë inspan om die beeld
te vorm – waaronder CRT- en LCDtegnologieë
– maar die eindresultaat
is dieselfde: 'n Beeld wat binne-in die
stel gevorm word, word van binne af
op die skerm geprojekteer (vandaar
die term "truprojeksie").
Voordele
'n Groot beeld, wat die beste geskik is
vir 'n ware tuisteater-ervaring.
Dunner as CRT-stelle.
Nadele
Neem baie plek op.
Skerm se helderheid is oneweredig.
Die "skermdeur-effek" (die beeldelemente
van 'n LCD-projeksie-TV word
in so 'n mate vergroot dat dit voel of
jy deur 'n skermdeur TV kyk); hierdie
probleem kry 'n mens nie met CRT- of
DLP-stelle ("Digitale ligverwerking") nie.
Smaller kykhoek as LCD of plasma
– mense wat aan die kante sit, sal dus
'n swakker beeld sien.
Die beeldgehalte is dikwels nie so goed
as met 'n plasma- of LCD-TV nie.
Plasma
Sommige vervaardigers van die huidige
geslag plasmaskerms maak daarop
aanspraak dat die helfte van die leeftyd
(wanneer die helderheid die helfte minder
is) nou ná 60 000 uur aanbreek pleks van
die 30 000 uur wat dit altyd was, maar dis
miskien nie heeltemal in die kol nie. Jy sal
vind die beeld verdwyn stadig – eers merk
'n mens dit nie op nie, maar ná 'n ruk sal
die beeld al hoe meer uitgewas lyk. Dit
kan nie reggemaak word nie omdat die
edelgasse binne-in die stel nie aangevul
kan word nie.
Voordele
Geen flikkering en geen
skanderingslyne nie.
'n Wyer kykhoek as CRT, truprojektors
en LCD-stelle.
'n Perfekte plat skerm.
Minder gevoelig vir skerp en sagte
ligtoestande (maar nie so goed soos LCD
nie, veral as dit kom by skerp lig).
Beter algehele gehalte as LCD, veral as
die skerm groot is.
Eenvormige helderheid op die skerm.
Uitstekende kleurakkuraatheid en -rykheid
(veral in vertrekke met swakker lig).
Beter kontras en skakerings van swart
as LCD.
Beter as LCD as die beeld vinnig vorentoe
gespeel word.
Groter skerms as LCD.
Dun en ruimtebesparend.
Bestand teen magnetiese velde.
Nadele
Duur.
Korter lewensduur as LCD.
Beeld word maklik "ingebrand".
Gebruik baie elektrisiteit.
Sommige modelle het nie luidsprekers of
'n ingeboude TV-instemmer nie.
LCD ("Vloeikristalskerm")
As jy 'n LCD-TV kies, moet jy die stippelspasiëring
in ag neem. Hoe kleiner die
stippelspasiëring, hoe skerper die beeld
en hoe groter die kykhoek: Wees op die
uitkyk vir 'n stippelspasiëring van 0,28 mm
of minder. LCD-TV's hou veel langer as
plasmaskerms – nie net breek die halfleeftyd
eers ná 50 000-65 000 uur aan nie (hoewel
sommige vervaardigers beweer dié syfer
word "in beheerde toestande" tot 80 000
uur opgestoot), maar die TV se einde is ook
minder merkbaar.
"Dooie beeldelemente
('pixels')" – klein kolletjies op die skerm wat
nie meer werk nie en ook nie herstel kan
word nie – sal verskyn, maar die meeste
mense sal dit nie agterkom nie. 'n Agterlig
waarvan die jare aanstap, kan dalk die kleur
beïnvloed en moet herkalibreer of vervang
word, maar die meeste vervaardigers wil nie
daaroor uitwei nie.
Voordele
Geen flikkering of skanderingslyne nie.
'n Wyer kykhoek as CRT en truprojektorstelle
(maar nie plasma nie).
Perfekte plat skerm.
Minder gevoelig as CRT en plasma vir
skerp en swak ligtoestande: LCD-TV's is
perfek vir goed verligte vertrekke.
'n Langer leeftyd as plasma.
Eintlik maar net inprop-en-speel.
Uitstekende kleurakkuraatheid en
rykheid (veral in vertrekke met baie lig).
Perfek vir statiese beelde (ook dié
van 'n rekenaar); die beeld word nie
"ingebrand" nie.
Dun en plekbesparend.
Gebruik omtrent die helfte van die krag
wat 'n plasmaskerm nodig het.
Hoër resolusie as plasma met dieselfde
fi sieke grootte.
Nadele
Duur – en dikwels duurder as
plasmapanele wat net so groot is.
Die beeldgehalte is geneig om swakker
te wees met skermgroottes van 94 cm
(37 duim) en groter.
Skerms kan nie so groot wees soos
plasma nie.
Kan nie die beeld so goed terugspeel
teen vinnige spoed nie; dis beter met
stilstaande beelde.
Ken jou
beeldterme
Aansigverhouding ("Aspect ratio"):
Dis die verhouding van die beeld se
breedte teenoor die hoogte. 'n Konvensionele
TV-beeld is 4:3 (vier eenhede
breed en drie eenhede hoog – dis ook
bekend as volskerm of 1.33:1), terwyl
'n wye skerm gewoonlik 16:9 (ook bekend
as 1.78:1) is. Jy sal verskillende
kombinasies van dié aansigverhoudings op
die verpakking van DVD-spelers sien; dit is
'n aanduiding van watter formaat/formate
van die beeld beskikbaar is.
Inbrand: Dit gebeur as 'n stilstaande
beeld te lank op die skerm bly en
'n permanente merk gelos word.
Kontrasverhouding: Die verskil in die
intensiteit van die lig tussen die swartste
swart en die witste swart. Hoe hoër die
verhouding, hoe beter. Die verhouding
kan verskil as jy reg voor die skerm is of
aan die kant.
Volskerm: Die konvensionele 4:3-TV beeld.
As jy 'n DVD koop waarop net
die 4:3-verhouding genoem word,
moet jy onthou die beeld is gesny om
'n konvensionele TV te pas en nie op
'n wyeskerm-TV nie.
Verfristempo ("refresh rate"): Die
verfristempo word in Hertz (Hz) gemeet
en verwys na die aantal kere wat 'n beeld
op die skerm verfris word. Hoe hoër die
tempo, hoe beter is die beeldgehalte.
Wye skerm: 'n Wye skerm verwys na
die reghoekige vorm waarteen die
meeste flieks verfi lm word. 'n Mens kry
verskillende aansigverhoudings, maar
die algemeenstes is 1.66:1, 1.78:1, 1.85:1
en 2.35:1
Resolusie: Die aantal spikkels (of beeldeenhede
– "pixels") wat 'n stel kan wys.
Dit word weergegee as die horisontale
getal maal die vertikale getal.
Kykhoek: Die kykhoek beskryf hoe ver
na links of regs jy van die middel van die
skerm af kan sit en steeds die beelde op
die skerm kan sien. 'n Horisontale hoek
van 140° beteken jy kan steeds die beelde
70° na links en 70° na regs van die middel
af sien. Sommige vervaardigers gee ook
'n vertikale kykhoek.
Koopwenke
Scott Salusbury van Bang
& Olufsen stel voor jy vergelyk
individuele stelle in
'n winkel eerder as bloot
individuele tegnologieë.
As jy 'n plasmaskerm
koop, is die raad van Wessel
Hattingh van Audio Vision
dat jy in 'n handelsmerk belê
wat oor die tegnologie beskik
wat "inbranding" voorkom.
Sodoende verleng jy jou paneel
se lewe en verminder die
uitwerking van inbranding. Die
nuwer generasie plasmapanele
is met dié funksie beskikbaar.
Maak altyd seker of die
stel of skerm wat jy wil koop,
'n ingeboude TV-instemmer het.
Kenners beveel gewoonlik
aan dat al jou komponente
van dieselfde vervaardiger
moet wees aangesien die
verskillende toestelle ontwerp
is om saam te werk. Dis veral
belangrik as jy luidsprekers
koop, maar dis ook aan te
beveel dat jy dieselfde soort
luidsprekers en versterker/ontvangerstel
as jou televisiestel
en DVD-speler kry.
Meet die diepte van die
eenheid, maar ook die
diagonale breedte om seker
te maak die skerm pas in jou
woonkamer in.
Leer meer op die web
www.lcdtvbuyingguide.com
www.plasmatvbuyingguide.com
www.projectorcentral.com
Die afdeling "DVD FAQ" by www.play.com.