| KREATIEWE LEEFSTYL  
 
| TEKEN IN OP TUIS | ARGIEWE | CLICK FOR ENGLISH  
              TUIS WERKSESSIES NUUT GESELS SAAM GALERYE AGTER DIE SKERMS KOMPETISIES KONTAK ONS
 
 
   deur Marian van Wyk

Agter die kap van die styl

Begrippe soos modern, art deco en pop duik gedurig in die dekor-en pop duik gedurig in die dekor-wêreld op. Ons vertel wat dié style regtig beteken en wys hoe jy self die regtig beteken en wys hoe jy self die voorkoms kan kry.

Kliek hier hier vir ons stylvolle dekor galery.

Modern (1900 – 1933)
In die twintigste eeu het 'n nuwe era vir dekor en argitektuur aangebreek: Idees en style is vinniger die wêreld in danksy nuwe vervoer-en kommunikasiemiddels, en die "internasionale" of "moderne" styl het ontstaan. In kort is dit ontwerpe wat weggebreek het van tradisie: Die era van "minder is meer" het begin.

Terloops, die internasionale styl het van 1920 tot 1980 geduur, maar dié begrip verwys dikwels na die vroeë moderne beweging (1900-1933) waarop ons in dié artikel fokus.

Hoe het dit begin?

  • In die middel negentiende eeu het ontwerpers soos William Morris (1834-1896) teen die Hoë Victoriaanse styl gerebelleer as 'n "produk van gierigheid, dekadensie en verdrukking", skryf Charlotte en Peter Fiell in Design of the 20th Century (Taschen, 2005)
  • In die vroeë twintigste eeu het ontwerpers teen swak ontwerpte, masjiengemaakte meubels en oordadige detail gerebelleer. 'n Groep Duitse handwerkers wou egter masjiene met goeie vakmanskap en ontwerp versoen. Ná die Eerste Wêreldoorlog (1914- 1919) het een van die leiers van dié groep, Walter Gropius (1883-1969) , die Bauhaus-ontwerpskool met dié doel gestig, maar ook om huisvesting te bied vir mense wat ná die oorlog haweloos was.
  • In die jare dertig is die Bauhaus-gebou met sy reuseglaspanele weens politieke spanning gesluit. Gropius en van sy kollegas het na Amerika gevlug waar hy (as professor in argitektuur aan die Harvard-universiteit) en sy kollegas steeds 'n geweldige invloed op die kunste gehad het. Argitektuur
    Die Bauhaus word vandag nog as die belangrikste ontwerpinstelling van die twintigste eeu beskou. Hulle het met glas en staal begin eksperimenteer sodat die buitewêreld deel kon word van die leefruimte, soos die Switser Le Corbusier wie se "swewende" geboue deur 'n "geraamte" van pilare ondersteun word. Vandag is dit dié boumetode wat dit so maklik maak om woonstelle se binnemure uit te breek.

    Meubels
    Die moderne meubels het skoon lyne sonder tierlantyntjies en weeg min. Staal, geboë chroompype en leer is algemeen gebruik. Argitekte soos Ludwig Mies van der Rohe (1886-1969) en Le Corbusier (1887- 1965) het dié meubels ontwerp om by hulle argitektuur te pas.

    Art Deco (1920 – 1939)
    Dié internasionale styl het in die jare twintig in Parys ontstaan. Die term is 'n verkorting van "Exposition Internationale des Arts Décoratifs et Industriels Modernes" (Internasionale Tentoonstelling van die Dekoratiewe Kunste en Moderne Nywerhede) , wat in 1925 in Parys gehou is.

    Hoe het dit begin?
    Art deco is sinoniem met glans. Ná die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) het mense 'n behoefte gehad aan luukshede, en in die jare dertig het dié styl sy hoogtepunt bereik. Dié oordaad was van korte duur, want in 1939 het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek. Die inspirasie vir art deco kom uit 'n geweldig uiteenlopende verskeidenheid: antieke Egipte, tradisionele stamkuns, surrealisme, futurisme, die moderne beweging en nog baie meer.

    Argitektuur
    Art deco-argitektuur word gekenmerk deur luukse, elegante materiale en oordadige detail soos hoë plafonne, geronde of vertikale vensters, boog-en geometriese vorms en beeldhoudetail. Die Chrysler-gebou in New York is 'n beroemde landmerk, en plaaslik was Kaapstad se stylvolle Ou Mutual-gebou (vandag die luukse woonstelblok Mutual Heights) met sy kenmerkende vertikale vensters op sy dag die hoogste gebou in Suider-Afrika.

    Dekor
    Soos die argitektuur uit dié era word art deco- meubels en -dekor aan hulle flambojante detail en glans herken: Eksotiese houtsoorte is gebruik met detail van luukse materiale soos perlemoen en sagrynleer. Dieselfde geometriese en geronde vorms van die argitektuur word in meubels, glasvase en ander dekoritems herhaal. Eileen Gray se bekende glastafel is 'n bekende dog eenvoudige ontwerp uit dié era. Die detail van die asbakke uit dié era – toe rook nog elegant was – is besonders.

    Pop (1968 – 1972)
    Die dekorterm "pop" verwys na die populêre verbruikerskultuur van die jare vyftig en sestig. Die prettige items uit dié era word dikwels bloot "retro" genoem.

    Hoe het dit begin?
    Mense was moeg vir die sober erns van die vorige dekades se "goeie" ontwerpe en "minder-is-meer"-denke. Die verbruikerskultuur het vlam gevat met advertensies en televisie, en dit het ontwerpers soos Andy Warhol (1928-1987) geïnspireer. 'n Kultuur van "gebruik dit vandag, gooi dit môre weg" het posgevat, en plastiek het gewild geraak. En toe Neil Armstrong in 1969 sy eerste treë op die maan gee, het televisies en radio's skielik baie soos ruimtehelms begin lyk. Die oliekrisis van die 1970's het egter die einde van dié euforie beteken.

    Dekor
    Die na-oorlogse era van ekonomiese welvaart en optimisme het uiting gevind in reënboogkleure, strepe, sterk vorms en geometriese motiewe. Die seksuele revolusie se invloed kan gesien word in meubelstukke met sensuele vorms, terwyl kitsch en die ruimte-era ook 'n groot rol gespeel het.

    Maar hoekom so duur?
    Baie van die meubels uit 'n spesifieke era, soos art deco, modern of pop, is peperduur – selfs by winkels wat tweedehandse meubels verkoop. Dié stukke het oor die jare klassieke of kultusstatus gekry en gesog geraak.

    Baie van die oorspronklike stukke word onder lisensie volgens sekere spesifikasies vervaardig. Die Barcelona-stoel kan byvoorbeeld uitgeken word aan Mies van der Rohe se handtekening op die agterste poot. Hiervoor dok jy meer as R33 000 op vir die oorspronklike, terwyl winkels soos Linear Furnishings en Loads of Living die namaaksel vir vanaf R6 000 verkoop.

    Dit werk dus min of meer soos 'n Billabong- T-hemp: Die namaaksel uit China kos altyd baie minder as die regte een. En jy weet hoekom, maar dis 'n debat vir 'n ander dag.

    Kliek hier hier vir ons stylvolle dekor galery.

  • LEES ALLE DEKOR/SELFDOEN ARTIKELS »

    Home
    Free Newsletter
    Competitions
    ON WOMEN24
    REGULARS  
    Columnists
    Blogs
    Cartoons
    Find restaurants
    ABOUT WOMENS 24
    Terms and conditions
    Contact Us
    Advertising


    © home 2007. All rights reserved.