Harde werk 2/10
Vaardigheidsvlak 3/10 (moet basiese kennis van bedrading hê)
Tyd nodig omtrent een uur (droogtyd is ekstra)
Doen dit self vir ± R60 (verf uitgesluit)
Materiaal
Ons het twee dooie takke wat elk
effens dunner word na die een kant
gratis by Moeder Natuur gaan uitsoek
vir dié projek; ongeveer 600 mm is 'n
goeie lengte.
Daarby het jy twee stukke afvalhout
van ± 150 x 150 mm vir die lampe se
basisse nodig.
Ander items
Alcolin QuikWood
houtlym
50 mm-snyskroewe
elektriese ligsokke, skakelaars,
kragdraad en kragproppe
Gereedskap
potlood
draadstroper
klein skroewedraaier
handsaag
3 mm- en 8 mm-boorpunte
koordlose boor en hoekslyper
mediumgrint-skuurpapier
LET WEL
Die takke het hul karakter behou
deurdat ons soveel moontlik van
die sytakkies aangelos en net tot
omtrent 50 mm van die hooftak af
teruggesny het.
Klik hier vir ons galery.