Harde werk 7/10 ('n ekstra paar
hande kan nodig wees)
Vaardigheidsvlak 5/10
Tyd nodig Omtrent vier uur
(droogtyd is ekstra)
Doen dit self vir ± R1 250
(houtbehandelingsprodukte uitgesluit)
Ons inkopielys
twee 2 400 x 96 x 32 mm-merantiplanke,
in stukke van 1 800 mm en 540 mm
gesaag, om die 1 800 x 600 mm-raamwerk
te maak
nege 2 400 x 44 x 22 mm-merantiplanke,
in 800 mm-stukke gesaag vir die latte
een 1 800 x 96 x 12 mm-merantiplank
om die spoorskroewe mee te bedek
een 1 800 x 44 x 32 mm-merantiplank,
as steunstuk
Ander items
sewe 100 mm x 10 mm-spoorskroewe
sewe gegalvaniseerde 10 mm-wasters
sewe 60 mm x 12 mm-muurproppe
± tagtig 8 mm x 75 mm-snyskroewe
10 mm-tappen van meranti
watervaste houtlym
UV-bestande houtbehandelingsproduk
Gereedskap
potlood
maatband
waterpas
handsaag en verstekbak
versteksaag (opsioneel, om hoeke
te saag)
koordlose boor en 10 mm-boorpunt
kombinasie-versinkboorpunt (of
3 mm-versinkboorpunte)
elektriese boor met hameraksie en
5 mm-, 10 mm- en 12 mm-klipboorpunte
hamer
skroefsleutel of soksleutel
'n leer of twee en elektriese verlengkoord
verfkwas
mediumgrint-skuurpapier
Projeknotas
Die struktuur op dié blaaie is 'n
argitektoniese oplossing vir hierdie
spesifieke voordeur. Die mates en
plasing van die pergola is dus uniek.
Hou die volgende in gedagte by 'n
ander adres:
(a) die hoogte van die pergola bokant
die deur of hek
(b) die lengte en breedte in
verhouding tot die deur en die hele
voorkant van die huis
(c) plasing (in die middel bo die
deuropening of meer na een kant)
(d) ander argitektoniese elemente
(byvoorbeeld die oorhangende
dakrand hier) wat 'n impak sal hê
op die grootte van die pergola of
hoe dit gaan lyk
Die stap-vir-stap-aanwysings
hieronder verwys na 'n pergola van
1 800 x 600 x ± 140 mm.
Hout word in standaardgroottes
verkoop. Vind eers uit wat by jou
naaste ysterwarewinkel beskikbaar
is voordat jy enige houtstruktuur
begin ontwerp.
Klik hier vir ons galery.