Die klerekas het ontwikkel uit die
primitief vervaardigde eikehoutkoffer
of -kis. In die Georgiaanse tydperk
is dié kiste van eksotiese hout gemaak met
versierings, gravering en vernis op. Linne en
klere is hierin gebêre.
Die idee van 'n kas as 'n toe item met
'n deksel en skarniere het in die middel
van die sewentiende eeu ontstaan. Die
groot staankas het eers 100 jaar later die
lig gesien. Die lê-hofkas of Engelse kas is
gebruik om groot items soos kombuisware
in te bêre en dit het in woonvertrekke,
ingangsportale, salonne en eetsale gestaan.
Klere moes gevou word om in die kaste
te pas, daarom was voue in jou klere 'n
teken van rykdom.
Die losstaande hangkas met relings soos
ons dit ken, is maar sedert die neëntiende
eeu in gebruik. Vandag is die verskeidenheid
so groot dat daar 'n kas is wat elkeen se
smaak en sak pas.
Klik hier vir ons galery.