 |
| deur Misi Overturf en Amanda van Wyngaardt |
|
Dink voor jy doen
Begin met goeie beplanning.
|
Oorweeg hierdie punte
sorgvuldig voor jy begin
mure afbreek:
1 Kyk krities na jou huis en
maak 'n prioriteitslys.
2 Doen jou huiswerk: bepaal
wat jou huis se sterk punte
is en konsentreer daarop.
Oorweeg watter areas vergroot
en verbeter kan word – dit help
byvoorbeeld nie jy sit 'n nuwe
kombuis in as jou dak lek of
die fondasie gekraak is nie.
3 Doen 'n bietjie
marknavorsing. Teen watter
prys word soortgelyke huise
in jou omgewing verkoop?
As jy oor 'n paar maande wil
verkoop, is dit belangrik om nie
te oorkapitaliseer nie. Gesels
met plaaslike eiendomsagente
om 'n duidelike markwaarde
te bekom, sodat jy jou
verbeterings na verhouding
kan beplan.
4 Jy hoef nie altyd groter
te maak of vertrekke aan te
bou om waarde tot jou huis
toe te voeg nie; deur
binnemure uit te breek kan
jy ook die ruimte geriefliker
en dus waardevoller maak.
5 'n Nuwe laag verf bly die
mees ekonomiese manier
om jou huis op te vrolik en
nuut te maak, veral as jou
begroting knap is. Dit lewer
ook die beste opbrengs
op jou belegging.
|