Amaria Carstens, moderedakteur, sê: Mode inspireer elke vrou... Maar dit wat jy op modebladsye sien, is nie altyd so maklik om toe te pas nie. My passie is om jóú te inspireer om jou eie styl te ontwikkel, en só die nuwe modeneigings wat jou aandag trek na jou klerekas te bring. Ek sal inspirerende en toeganklike idees gee, wat dit vir jou maklik sal maak om uniek, besonders en modieus te voel.
Skemerkelkie-geleentheid
Oor twee weke woon ek die Mrs United Nations-funksie by die Sheraton Hotel in Pretoria. Die drag is "cocktail" (skemerkelkie). Wat op aarde trek mens aan? Ek wil nie graag heeltemal swart aantrek nie, want dit laat my baie dood lyk (ek is blond).
Skemerkeldiedrag vra vir 'n korter, elegante rok (knielengte, om presies te wees).
ANTWOORD Dra een met spaghettibandjies wat sag en vloeiend is. As jy swart kies, dra 'n kleur-knooptrui met blinker-detail en gekleurde, metaalkleurige hoëhakskoene. Of kies antieke juwele soos 'n kleurvolle borsspeld of 'n paar stringe gekleurde krale. Dieselfde geld vir 'n swart langbroek of snyerspak.