Heuningblond,sjokoladebruin en à laTom Cruise vir ons mans... Frédéric Fekkai,haarstilis van vele Hollywood-sterre, verklap eksklusief aan SARIE wátter tendense die koppe gaan laat draai.
lees meer >
Mariska van Rooyen, skoonheidsredakteur sê: Skoonheid gaan daaroor om goed te voel oor jouself en om te weet hoe om jou gelaatstrekke die beste moontlik te laat lyk. Vir die dae wat jou gemoed 'n hupstoot nodig het, kan die regte produk wondere verrig!
Hare laat groei:
Ek is nou al die afgelope 8 maande besig om my hare te laat groei. Op die oomblik is dit in 'n kort bob, net so onder my ore. Is daar iets op die mark wat ek kan gebruik om my hare vinniger te laat groei? Ek het 'n taamlike krullerige draad, en gebruik op die oomblik Pantene, Sleek&Straight.
As kind het ek lang hare gehad en vlegsels gedra. Ek wil so graag weer hê my hare moet vlegsellengte wees. Hoekom groei dit so stadig? Of is ek te haastig?
ANTWOORD Jou hare groei maar 'n paar sentimeter per maand, dis heeltemal natuurlik. Deur jou hare gereeld te sny bly dit netjies en in styl. Jy kan gerus Kerastase se Aminexil probeer. Die serum word elke dag vir ses weke aan die kopvel gesmeer om haargroei te stimuleer.