Laat jou onderklere jou inspireer.
Dra 'n wit korset onder 'n kort baadjie of oopgeknoopte bloes.
Die wit korset (R55) is van Glitterati en
die baadjie met borduurdetail (R650)
van Slate. Rompstyle is korter dié somer
– dit word net onder die knie gedra
soos hierdie een (R1 399) van Habits.
Dra voetlose kouse van kant (R385) van
Slate onder jou romp met plat seilskoene
(R229) van Zoom.
Meng teksture
en gee wit nuwe somerwoema. Dra op warm dae 'n
kantbroek (R699) van
broderie anglaise
(geborduurde patrone
met klein gaatjies) van
Nicci Boutique saam
met 'n kanttop (R255)
van Slate en onder dit
'n gehekelde bikini-top.
Dra dié somer 'n paar voetlose kouse
onder 'n romp of rok.
Dié paar (R395) is
van Slate, die romp
(R299) van Slick en die
gehekelde top met
p?ldetail (R699) van
Nicci Boutique. Die wit
hout-platformsandale
met knoppiesdetail
(R315) is van me too
Cosmo Footwear.
Kantagtige breidrag is weer oral te sien
– selfs in die warm maande.
Dié top (R350) is
van Queenspark.
Dra dit by 'n lang
wit katoenromp
(R299), ook van
Queenspark.
Langbroeke
met nou pype is in die kol saam
met sagte frille en valle.
Dié wit noupyp-langbroek (R220) is van
Foschini, die kantvalle-top (R250) van Slick
en die kortmouhemp (R99,95) van Edgars.