TUIS | JY KAN HELP | KUBERKUIER | BOEKDINGE | E-BRIEWE | LEEF 100% | WEDSTRYDE | KONTAK ONS | TEKEN IN | ADVERTEER
GESELS
SAAM
REDAKTEURS-
BRIEF
ARTIKELS OP DIE
VROU AF
SKOONHEID MODE WOON-
IDEES
KOS & WYN OP REIS VERHALE
 
vorige artikels:
stem
Hoe hanteer jy kritiek in die werkplek?
 Ek leer deur my foute
 Ek raak kwaad
 Dit laat my voel ek is nie goed genoeg nie
 Dit moet opbouend wees
 
'n Ster het geland... Paula
Die lewe as 'n sepiester is glansryk, maar nie altyd maklik nie.As jy dan boonop 'n verhouding het waaroor mense práát ... Maar Diaan Lawrenson glo dit het haar en Jody Abrahams se liefde net versterk

Deur Martie Swanepoel

Dis Diaan Lawrenson se dag – die kameras, die aandag, die styl, die glans. Almal, van grimeerkunstenaar tot stilis, draai om haar in die eksotiese omgewing van 'n luukse vliegtuig. Sy gloei.

Maar dan kom daar dae wanneer sy die glans wil agterlaat en net terugkruip in haar privaatheid. Want vir haar bewonderaars is sy Paula van 7de Laan– en hulle sal haar volg tot in 'n kleedkamer.

Soos op Laingsburg toe sy daar by die Wimpy gestop en 'n groep vroue haar agternagesit het. Een het selfs onderdeur die deur probeer loer. Dan smag Diaan na grense. Mense dink sy is net so 'n gemaklike ekstrovert soos Paula.

Sy is nie. Sy's skaam. Maar sy probeer hard.

Sy weet mense beskou haar as familie. Dis net: As jy in 'n supermark inkopies doen en skielik pak veertig mense jou toe! Die afgelope maande was die lewe in die kollig ekstra veeleisend vir Diaan oor haar verhouding met Jody Abrahams, gesoute teater-akteur, wat ook bekend is as Bennie in SABC3 se Hard Copy.

Skielik was sy in die geel pers se visier, enersyds omdat Jody nog getroud was toe hulle begin uitgaan het – en ook omdat dit 'n interrassige verhouding is.

"Dis 'n moeilike manier om 'n verhouding te begin. Enige verhouding gaan deur swaarder tye en daar is goed wat julle saam in privaatheid wil uitwerk. Ons het nie daardie ruimte gehad nie. Ons het probeer om uit die kollig te bly en kon dit in die begin regkry, maar dit het ál moeiliker geraak.

Tog glo sy dit alles het haar en Jody se band net sterker gemaak. "Niemand kon tussen ons kom of ons van mekaar laat wegdryf nie. Ons verhouding het 'n toets deurstaan wat min ander verhoudings sou oorleef.

Ons sou nie geslaag het as ons nie absoluut eerlik met mekaar was en mekaar heeltemal vertrou het nie. Jy kan nie bekostig om te glo wat mense in die pers sê nie. Jy moet jou maat vertrou.

"Jy moet weet jul verhouding is sterker as enigiets wat gebeur. Dis 'n vertroue wat groei, dis nie oornag daar nie."

Sy erken die situasie toe hulle begin uitgaan het, was nie ideaal nie. Dit was een van daardie gevalle waar niemand reg en niemand verkeerd was nie, verduidelik sy. Jody se huwelik het reeds verbrokkel toe hulle mekaar ontmoet het.

"Mense maak hul eie afleidings. Jy is in 'n situasie waar jy jouself nie kan verdedig nie. As jy dit probeer doen, is dit asof jy dit aanvuur, en dan het mense nóg meer om oor te skryf. Wat in mense se verhoudings aangaan, is hul saak. Dis vir my 'n heilige ruimte.

Dit was vir my verskriklik toe ons storie uitgekom het. Ek het nog nooit deur so 'n moeilike tyd gegaan nie. Dit het 'n ongelooflike invloed op die mense na aan jou."

Dis vir Diaan belangrik dat mense weet Jody is vroeg verlede jaar geskei. En dit verstom haar dat sommige steeds 'n drama van die rassekwessie maak.

Sy en Jody het gelukkig nog net een keer 'n probleem in die openbaar gehad, vertel sy. "Ons het in 'n restaurant gesit en kon nie verstaan hoekom die mense so lelik met ons is nie. Hulle wou ons nie bedien nie. Ná 'n rukkie het Jody gesê hy dink hý is die probleem.

"Ek kon dit nie glo nie! Ek praat nie van tien jaar gelede nie. Onlangs! Ek het uitgestorm. Jody het kalm gebly, want hy het daarmee grootgeword. Dit maak my seer as iemand hom so behandel."

Haar familie aanvaar Jody met ope arms vir wie en wat hy is, onvoorwaardelik. Dit gaan vir hulle oor háár geluk. Vir Diaan en Jody was die kleurverskil nog nooit 'n kwessie nie.

"Liefde weet nie wat jou velkleur is nie. Ons families gee nie om nie en ons gee nie om nie. Ek sien Jody nie as 'n kleur nie," sê sy.

Afgesien van die aandag wat haar verhouding kry, is dit vir haar moeilik om toenemend minder privaatheid te hê.Tog kan sy en haar mede-akteurs mekaar ure vermaak oor die snaakse goed wat met hulle gebeur net omdat hulle bekend is...

Lees verder in die Mei-2008 uitgawe van Sarie.


ON WOMEN24 REGULARS ABOUT WOMEN24
Home
FREE Newsletter
Competitions
Love & Sex
Books & Astrology
Fashion & Beauty
Careers & Money
Pregnancy & Parenting
Wellness
Home & Away
TV & Gossip
Chat & Win!
Competitions
Book Club
Horoscopes
Soapies
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
Terms and conditions
Contact Us
Advertising