Vry & eksoties Kombineer helderkleurige blomme – helderpienk hanekamme, rooi en pers angeliere – en bind saam in 'n stywe bos.
Rangskik in 'n sementpot (R110) van o.live. Kies 'n interessante vorm pot (R175) van Loft Living vir 'n enkele rits orgideë. Die plat bak (R300) en muurteëls (R15 elk) is
van Maroccan Warehouse.
Kunstig & kreatief 'n Mooi plant sal die hart steel van 'n ma wat opwindende kleur en ongewone dinge verkies.
Die orgidee (R259,99) in die swart-en-wit bakkie (R345/Loft Living) en die vredeslelie (Spathiphyllum) (R49,99) is van Woolworths. Die glasies (R25 elk), bakkies (R25 elk), klip-fossiel (R300) en mat (R2 000) is van Maroccan Warehouse.
Die glasbak (R350) en kleipot (R145) is van o.live. Die erde-kruik (R695), Kundiemarmerpot (R395) met kaktus en die rooi krale (R75 per string) is van 3rd World.
Die lang, smal Oosterse tafel (R7 800) en leertrommel (R3 000) is van Trade Roots. Die paneel is oorgetrek met sy-materiaal van Line Protea, kleur Flame, (sowat R466 p.m.) Design Team. Kaktusse stilis se eie.
Gasvry & sosiaal Oorlaai 'n mooi mengbak met haar gunsteling-blomme. Koop een of twee bosse lelies en vul die res aan met blomme uit jou tuin. Gebruik interessante kombinasies soos hanekamme, nerinas en
rose.
Week 'n stuk oase in water en plaas in die groot mengbak. Knip die stele kort af en druk die blomme dig in die oase. Maak 'n klein ruikertjie vir een van die maatkoppies en plaas 'n enkele dahlia in
die koekstaander.
Die mengbak (R69), stel van drie maatkoppies (R39) en die koekstaander (R149) is van @home. Die agtergrondmateriaal is uit die reeks Ryan, kleur Malt (R180 p.m.) van Hertex Fabrics. Antieke blompot stilis se eie.
Nostalgies & behoudend As jou ma lief is vir 'n tikkie nostalgie en romantiek, is d?die manier om Moedersdag saam deur te bring. Haal die familiealbums,
ou kaartjies en memento's uit.
Lag lekker saam, en kies wat vir haar spesiaal is en maak 'n herinnering-skildery hiervan. Besluit op 'n mooi groot raam en trek
die rugplank met materiaal (Ryan, kleur Malt, van Hertex Fabrics) oor. Plak vas met Pritt-gom. Rangskik kaartjies en foto's na jou smaak hierop en plak ook vas.
Die mat (R2 704) is van Gonsenhausers Fine Rugs. Die skoene (R300) is van Maroccan Warehouse. Die klein tafeltjie (R110) is van Home Affairs. Die stoel is oorgetrek met materiaal uit die Jay Smith Collection (R229,55 p.m.) van Hertex. Die raam is verskaf deur Handmade Frames (prys na gelang van grootte). Ander items stilis
se eie.
Vroulik & sag Draai 'n helderkleurige lint om 'n bos tjienkerientjees en steek vas met 'n speld. Knip die stamme gelyk en laat regop staan in 'n bietjie water in 'n groot glasvaas.
Soek 'n interessante blaar, enkele tak of 'n paar sade om in 'n glassilinder te rangskik. 'n Slim plan is om dodder (by bloemistewinkels te koop) in 'n bondel te draai en onder in die pot te plaas – dit help om die stele in posisie te hou.
Steek die takkies almal in een rigting in. Ons het ornamentele appelliefies gebruik. Hou hierdie saadjies tot dit droog is en plant dit ter herinnering aan 'n heerlike Moedersdag. Glaspotte en ander items stilis se eie.
Netjies & knap 'n Moderne ma wat verkies dat alles netjies op hul plek is, sal 'n geskenk van mooi, stewige bokse waardeer. Sit in een van die bokse 'n mooi brief waarin jy aanbied om te help om haar huis te herorganiseer. Versier die bokse met naamplaatjies en lint.
Die bokse (van R15 tot R50) is van Tuberose. Die stoel oorgetrek uit die Dangerous-reeks, kleur Silver (sowat R500 p.m.), en die lang kussing is uit die Velutoreeks, kleur Eggplant (sowat R640 p.m.) van Hertex Fabrics.
Stoffeerwerk deur Ascot Upholstery. Die gordyne met die silwer motief is uit die reeks Fatal Attraction, ontwerp Super Model, kleur Chocolate (R560 p.m. en 280 cm breed), en die silwerkleurige gordyn uit die reeks Electric, kleur Metal (R480 p.m. en 280 cm breed), is ook van Hertex Fabrics. Die oorgrootte pot (R1 795) is van Loft Living.