Soos sjokolade Donker hare beweeg na ryker skakerings. Sjokoladebruin en
mahonie met caramel of goudbruin ligstrepe word strategies op
haarpunte aangebring om meer natuurlik te lyk.
'Jennifer Garner en Angelina Jolie wys albei hoe jy 'n diepbruin perfek kan dra,' sê Frédéric.
Blonde hare neig na baby blond, heuningblond en goudblond – natuurlike skakerings wat maklik is om in stand te hou. Volgens hom slaag Naomi Watts en Reese Witherspoon altyd met dié stylvolle haarkleur
Glans 'n móét Die nodige produk hierdie winter is 'n glansroom (finishing
cream) en die perfekte styl om dit by te gebruik is 'n sjiek, modieuse poniestert.
Doen dit só, sê Frédéric: 'Trek jou
hare egalig terug in 'n lae poniestert en bind hare vas met 'n dun rekkie.
Draai 'n stukkie hare om die rekkie sodat dit nie sigbaar is nie. Gebruik 'n glansroom (probeer Fekkai Coiff Magnifique Ultra-Light Finishing Creme,R275) op jou haarpunte vir ekstra definisie en glans. Dit sal ook wegstaanhare.
Lang Lokke In 2008 is hare goed versorg met baie beweging en lewe. Elke kapsel spreek van moeitelose elegansie. Langer hare is weer oral te sien en spog mét los, golwende krulle.
Dink modern en stylvol as jy lang hare het. Los dit glad op jou kroontjie,met krulle wat by jou wange begin,' sê Frédéric
Ou bob, nuwe flair Die bob is wéér terug, maar met 'n
moderne gevoel:
'Dit skep 'n klassieke voorkoms,maar dié seisoen is dit
grafies, met heelwat volume en 'n definitiewe styl.Weer eens, dink
afgerond,maar met beweging,' volgens Frédéric.
Deur Mariska van Rooyen Fotos: Gallo/ Getty images.com