|
Fluweel vir dag & dans
Lyk speels in 'n militêr-geïnspireerde fluweel-kortbroek met blink knope (R320) van Pulsate. Die antieke pienk satynhemp (R1 200) is van Philosophy. Jy kan die broek ook met 'n bonkige trui dra vir 'n informele voorkoms. Die visnetkouse (Rapture van Cameo) kos sowat R60, die swart wighakskoene (R950) is van Europa Art en die halssnoer met kleurryke rooi, pienk en pers stene (R190) van Tessa Design.
|