Russies Ryk beetkleure en -teksture vermeng in 'n Russies-geïnspireerde truitjie (R799) en romp (R599). Albei is van Nicci Boutique. Die bloes (R375) is van Guess en die krale (R225) en armband (R60) van Lulu Belle.
Nostalgie Vroulik, klassiek, gesfistikeerd en so reg uit die 1950's. Dié pakkie (R2 400) is van Franscois Rall. Pêrels is 'n móét vir die voorkoms (R145 van Lullu Belle). Die pienk ooptoonskoene (R295) is van San Marina.
Volume Sagte lae oor mekaar gee volume – pure elegante oordaad. Die rok (R749) is van Sinéquanone, romp (R899) van Thomas Red en skoene (R4 360) van Nina Roche. Die halssnoer (R800), armband (R720) en ring (R130) is van Lulu Belle.
Victoriaans Die prentjie is voltooi ... Die wit Victoriaanse top met kantkraag (R400) is van Black Coffee. Die Victoriaans-geïnspireerde korset (R695) is deel van 'n stel met 'n romp van Amanda Laird Cherry by India Jan. Die halssnoer (R800) is van Lulu Belle.
Swart Dié winter word swart van kop tot tone gedra. Die swart trui (R595) is van Thomas Red, die kamisoolstyl-top (R200) van Sinéquanone en die romp (R900) van Black Coffee. Die skoene (R695) is van San Marina en die ring (R650) van Lulu Belle.