SARIE ondersteun die laaste paar jaar die Rooikruis-Kinderhospitaal en het onlangs daar gaan kuier om kinderharte met geskenke bly temaak
Kinders lê SARIE baie na aan die hart, en ons lesers reageer mooi op dié rubriek in elke uitgawe. Soos Helena Pienaar, ons briefpryswenner van Januarie 2008.
Sy het ingespring en sakke vol lappoppe gemaak. Ons redaksie het bokse vol ander geskenke bygevoeg en die pasiënte van die Rooikruis-Kinderhospitaal daarmee gaan verras.
En was die blydskap op elke gesiggie groot toe Henriëtte Loubser, SARIE se artikelredakteur, Asa Bessley (kantoor-assistent) en Rodger February (fotograaf) en ek (Natalie) die geskenke
gaan uitdeel het!
Elke kind kon self kies watter geskenk die oë laat blink. Likhaya Ngabase het ewe flink 'n draadradio uit die hope speelgoed geneem en trots geposeer vir sy foto. Lyad Africa was eweneens
gereed om sy tydskrif-debuut te maak, trots by sy nuwe boeke en sy Slinky.
'n Kuiertjie by dié hospitaal raak 'n mens altyd. Ook vir SARIE is dit 'n voorreg om 'n verskil in 'n kind se lewe te kan maak.
Hoe kan jy help?
Skenk geld. (Alle skenkings van meer as R100 per jaar kan van belasting afgetrek word.)
Jy kan selfs 'n geldinsamelingsprojek of -geleentheid reël. Vir nog inligting, kontak The Children's Hospital Trust by 021 686 7860, faks 021 686 7861, e-pos cht@chtrust.org.za of besoek www.childrenshospitaltrust.org.za
Jy kan van jou tyd skenk deur by een van die hospitaal se vrywilligerprojekte aan te sluit.
Jy kan ook baba- en kinderklere, speelgoed, boeke of enige ander nodige items vir die kinders skenk.
As jy 'n vrywilliger wil wees of skenkings wil maak, skakel The Friends of the Children's Hospital Association by 021 658 5243 of 082 788 8991.
|