|
Lyk koel bly koel
Wit is altyd 'n wenner in die somerhitte. So ook linne. Kyk hoe sjiek en koel lyk dié linnehemp (R680) van Philosophy en kortbroek (R499) van Habits. Die bikini-top wat onder die hemp uitloer, is van JBS (R385) en die bekoorlike krale – almal wat dit sien, wil dit hê! – van Lulu Belle (R150 elk). Die sonbril (R1 881) is van Ottica Venetta en beskikbaar by Glare. Die hoed (R90) is van Old Khaki en die lekker groot sak (R550) van Guess.
|