Volume is 'n groot neiging die seisoen soos die romp van Lunar (R3 800) van meters en meters weelderige materiaal gemaak. Top met spaghetti-bandjies (R230) van Things. Die blinkerhangertjies (R95 elk) en skulparmband (R50) is van Lulu Belle.
Dra 'n lang romp as roksoos di?en van Marianne Fassler (R3 800). Dra baie juwele om jou nek ? van houtkrale tot blinkerhangertjies. Lang string hout- en turkoois krale (R80 elk) van Zeca. Bruin- en mosterkleurige krale (R150) van Coco Li en blinkerhangertjie (vanaf R70) van Claire's.
Vir effens koeler vakansiedae is 'n bolerostyl-top (R850) oor 'n frokkie (R550), albei van Marianne Fassler, die in-ding. Die oranje romp met blompatroon-detail (R1 800) is van Black Coffee. Dra die veelsydige armband (R675) van Sandy McCormack in jou hare.
Sonder 'n driekwartbroek kan jy nie die somer en beslis nie die vakansie wees nie. Kies 'n kleurvolle broek (R900) van Maya Prass, dra dit by die top (149,95) van Edgars. Die oranje krale (R150) is van Coco Li en die skoene (R395) van Out of the Blue.
Die sy-sonrok (R550)is van Things en die kleurryke halssnoer (R2 174) van Sandy McCormack. Tropeise motiew maak di?omer selfs hul verskyning of handsakke. Die sak (R599) is van Guess.
Jy moet di?eisoen 'n rok of meer h?waar van een beslis 'n sonrok gaan wees. Di?en met 'n tropiese blommotief (R410) is van Chica Loca en die skulpkrale (R220) is van Zeca.
Van die strand na die restaurant met die veelsydige romp (R220) van Exact en spaghettibandjie-top (R550) van Nicci. Wees uitgevat met bietjie blink daarby. Goue gordel (R600) en armband (R125) van Lulu Belle.
Dra die seisoen se wyer rompstyl met 'n nouer passende top. Di?-halstop (R149,95) van rekstof is van Edgars, die romp (R550) van Woolworths en blou krale (R435) van Sandy McCormack.
Baadjie (R1 180) van Diesel, V-halstop in rekstof (R575) van Miss Sixty en driekwartbroek (vanaf R170) van Woolworths. Wighaksandale met blinkerdetail (R260) van Me Too deur Cosmo Footwear. Die sonbril (R199) is van Woolworths.
Met die klassieke rok met besondere val-detail gaan jy altyd gereed wees ? vir werk ?vakansie. Die rok (R1 470) is van Lunar en die bonkige krale (R99) en kleiner string drale (R70) van Meltz.