|
Tussenin treffers
Die pakkie se dae is eers getel! Dra individuele items soos baadjies – dié een is van Amanda Laird Cherry by India Jane (R350) – en rompe (Nougat by Wizards, R1 950) van verskillende kleure en teksture. Wees nog meer speels met 'n gestreepte top (R420) van Polo en kleurvolle handsak (R299) van Nine West. Die oorbelle (R89,95) is van Woolworths, armband (R495) van Paisley en die skoene (R440) van Froggie.
|