Dié Argyle-trui (R399) is van Tommy Hilfiger. Die serp van 100% sy (R199) is van Accessorize. Die tweed-broek (R475) is van Nucleus deur Nicole by India Jane.
Maak jou aankoms stylvol bekend met 'n spog-tweedjas (R895) van Frock, 'n sjokoladekleur kantbloes (R360) van Juanita Pacheco en dieselfde kleur valle-romp (R220) van Foschini. Dra skoene met 'n hak saam met 'n korter valle-romp. Dié paar (R1 199) is van Camper. Die bessiekleurige visnetkouse (van R59,99) is van Falke en die donkerrooi naweeksak (R2 500) en groot ring (R800) van Lulu Belle.
Jy kan nie te veel turkoois in jou kas hé nie. Dis beslis een van die belangrikste kleure van die jaar, ook wat bykomstighede betref. Die lang string met turkoois stene (R139) is van Accessorize en die korter string (R513,16) van Sandy McCormack. Turkoois werk veral goed saam met die sjokoladebruin oorvou-kanttop (R350) van Frock.
Wie't gesê strepe en blomme saam is 'n "moenie"? Nie meer nie! Al steek net die randjie van jou kouse by die stewels uit, dra die streepkouse (vanaf R25) van Falke by die geblomde oorvou-rok (R895) van Morgan. Swart stewels (R895) van San Marina.
Warm wees kan ook mooi wees met Jenni Button se angora-jas (R1 650). Dis bonkig, en jy moet sorg dat jy noupassende klere daarby dra soos die regafsigeunerromp (R350) van Planet X en oranje oorvou-top (R650) van Habits. Die stewels (vanaf R124) is van Oxygen.
Dra dié winter 'n tweed-hoed pleks van 'n mus, en ontdek en meng interessante teksture soos vilt en kasjmier ? die vilt-baadjie (R980) is van Lunar en die tweed-hoed (R199) van Accessorize. Die sy-en-kasjmier-V-nek-trui (R540) is van Jenni Button en die sybokhaar-serp (R250) is van Polo.
Meng juweelkleure en ryk teksture soos fluweel en satyn teen die winterkoue. Die pers satyn-sigeunerromp (R599) is van Habits en die groen oorvoutrui (R350) van Frock. Die oranje fluweel-serp (R300) is van Lulu Belle en die armband (R220) is van Get Wired. Die lila skoene (R795) is van San Marina en die visnetkouse (R49,95) van Woolworths.
Dié vriendelike inwoner dra 'n tweed-jas (R785) van Sissy Boy, 'n mini-polkakol-serp van 100% sy (R119) van Accessorize en groen Lulu Belle-beret (R70). Die model dra 'n wolserp (R199) van Accessorize en 'n lang trui met leergordel (R550) van Levi. Die koordferweel-broek (R499) is van Levi en pienk-en-bruin Cu...she-sportskoene van Cosmo Footwear (R580). Ligter skoene by 'n donker broek is nou in.