|
|
|
|
MODE - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: Lig pak
Ek gaan oorsee na London, Frankryk en Spanje. Hoe kan ek lig inpak en wat moet ek inpak? Help vinnig asb.
Antwoord: Hier is 'n paar wenke:
Pak 'n paar items in een kleur. Kies swart, sjokoladebruin (nou weer in die mode) of donkerblou vir donker kleure. As dit somer is, kan jy selfs wit of 'n neutrale kleur kies. Pak minstens drie items in dié kleur ? 'n langbroek, rok en knooptrui. Pak bykomstighede soos kostuumjuwele en serpe om daarby te dra.
Pak onderklere vir 'n week of vir die lengte van die reis plus twee dae, welke een die kortste is.
Drie paar skoene is genoeg ? een paar om mee te reis en twee paar in die tas. Neem minstens een gekleurde paar waarmee jy kan uitgaan.
Pak 'n palazzo-styl broek ? jou liggaam ondergaan veranderings wanneer jy reis en dié styl is gemaklik.
Pak iets prettigs en besonders soos 'n string kleurvolle krale, 'n ruglose rok of 'n klein handsakkie. Jy weet nooit wat jou reis oplewer nie! |
|
|
|
|
Het jy enige MODE vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|