|
|
|
|
MODE - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: groot agterstewe
Hoe kan ek my groot agterstewe verbloem?
Antwoord: Broeke wat geen plooie om die middel het nie, en verkieslik 'n nouer pyp, is vleiend en gee 'n slanker voorkoms aan die bene. Dra 'n langer top... nie noodwendig 'n wyer een nie. Maak seker dat dit nie op die heel breedste deel van jou heupe eindig nie, maar iets wat langer is. Jy kan steeds iets styfs dra as jy wil... dra net 'n lospassende top bo-oor wat ook oop gedra kan word. Rompe moet nou om die heupe pas en sag na onder val. Niks wat meer aandag op die heupe vestig nie. Gordels moet los geknoop kan word om die bo-lyf langer te laat lyk. Terug by die broek... vermy liefs sakke aan die kante en kies 'n gladde voorkoms. |
|
|
|
|
Het jy enige MODE vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|