|
|
|
|
MODE - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: geborduurde pantoffels
Ek het aan die begin van die somer vir my die pragtigste Oosters-geinspireerde pantoffel-aanglipskoene gekoop. Hulle is met turkoois kraletjies geborduur, maar die skoene self is goudkleurig. Gevolglik het ek hulle nog net een of twee keer aangehad. Waarby kan ek hulle dra sonder om soos Nanny Fein se ouma te lyk? Intussen stal ek hulle maar in my kamer uit, maar ek voel dis 'n vermorsing.
Antwoord: Dra dit by jou jeans of selfs 'n swart langbroek. Jy kan dit in die winter ook dra. Dit is altyd so 'n verrassing as daar iets interessant onder 'n broeksoom uitloer. |
|
|
|
|
Het jy enige MODE vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|