|
|
|
|
MODE - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: foute verbloem
Ek wil weet watter tipe klere sal my die beste pas. Ek is kort (1,6m) en het maer arms en bene, maar my probleem is dat ek 'n magie het en ook 'n baie kort bo-lyf.
Antwoord: Om jou bo-lyf langer te laat vertoon, moet jy lang regaf toppies dra en omdat jou bene maer is (jy's so gelukkig!), kan jy 'n lekker nou broek dra met 'n lang regaf pyp. Die toppie moet nie te groot wees nie. Dit kan selfs styf pas, maar moet net gemaklik oor jou maag hang, soos die tuniekstyl-toppie. Moet net nie dat dit op jou heupe eindig nie. Dit sal jou bo-lyf nog korter laat lyk. |
|
|
|
|
Het jy enige MODE vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|