 |
|
Illustrasie: Marie-Louise Myburgh
|
|
|
|
|
|
|
WOON-IDEES - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: Verfkleur
Ek woon in 'n woonstel wat baie sonlig in die middae kry. Ons het nou 'n tipe oranje gordyn gehang om die vertrek bietjie koeler te maak, maar ons wil graag die mure 'n ander kleur verf. Ons kleure is swart, lemmetjiegroen en dan oranje. Kan julle dalk vir my 'n voorstel gee watter kleur ons die mure moet verf. Die kleur verf moet basies 2 werkies verrig - in die somer moet dit die woonstel 'n koel gevoel gee en in die winter 'n warm gevoel. Julle hulp sal baie waardeer word. Dankie!
Antwoord: Wat van 'n ligte skakering van lemmetjiegroen, bv. Plascon se Shallot. Dit sal koel lyk, terwyl die oranje aksente in die vertrek dit 'n warm gevoel in die winter sal gee. |
|
|
|
|
Het jy enige WOON-IDEES vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|