Vraag: Help asseblief met my badkamer
Ek wil nou graag my badkamer (meenthuis) oordoen, maar weet nie waar om te begin nie. Die badkamer is redelik saai, met 'n wit bad en wit wasbak. (Die toilet is appart van die badkamer).
Ek wil dit graag smaakvol en elegant laat lyk, en beplan om die vloere en mure tot teen die tak te teel.
Raat om dit smaakvol te voltooi sal baie waardeer word.
Groete
Ria
Antwoord: Miskien moet jy dit herdink om dit tot teen die dak te laat teel. Die mure is die een plek waar jy 'n bietjie kleur kan inbring. Kyk na iets soos sandsteen-teels vir die vloere en mat-afwerking wit teels vir die mure. Verf dan die mure 'n skakering van sand en gebruik weer wit vir 'n sagte gordyn of blinding. Hierdie kleurskakering sal jou vertrek ook groter laat vertoon. Rond dit af met wit en roomkleurige handdoeke, mooi seepbakkies en 'n stapeltjie gliserien sepies in die vensterbank of bo-op die badkassie.
|