 |
|
Illustrasie: Marie-Louise Myburgh
|
|
|
|
|
|
|
WOON-IDEES - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: mosaïekteëls
Ek wil graag 'n spieel opdollie deur gebruik te maak van mosaiek teels. Is dit 'n baie ingewikkelde en duur idee? Ek wil dit graag in die gang of badkamer sit.
Antwoord: Mosaiek is eintlik baie makliker as wat dit lyk en 'n heerlike stokperdjie. Dit is nie duurder as meeste ander stokperdjies nie, maar jy het sekere toerusting nodig. Jy sal 'n teëltang moet aanknoop waarmee die teëls geknip word. Daar is baie mosaïekteëls beskikbaar, van die gewone (goedkoper) 'swembadteëls' tot goudkleurige teëls. Ons stel voor dat jy eers met die goedkoper teëls begin. Sorg dat jy die regte gom gebruik en volg die vervaardiger se aanwysings baie noukeurig as jy met die voegbry (grout) werk. Kyk in die Sarie van Julie 2004 vir meer inligting oor mosaïekwerk en ook oor ons boek Mosaïek, uitgegee deur Human & Rousseau. |
|
|
|
|
Het jy enige WOON-IDEES vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|