|
Vraag: Slaapkamer
Ek wil my kamer oor doen. Ek is 'n tiener van 13 jaar. Ek is 'n rustige en still persoon. Ek hou van lees en om nuwe dinge aan te pak. Het julle miskien vir my 'n besondere idee vir my kamer wat nie verveeld sal raak nie, maar tog ook lang mooi sal bly.
Baie dankie
Aleries
Antwoord: Wat van 'n spierwit kamer wat jy met rustige pastelle inklee. Bv. Wit mure, wit beddegoed (selfs 'n wit bed), sagte wit gordyne. Nou bring jy aksente in soos 'n klomp kussings in verskillende groottes en vorms in al die kleure waarvan jy hou.'n Matjie voor jou bed in pastelkleure. As jy moeg raak vir die pastelkleure, kan jy dit vervang met helder kleure, of kombineer die wit met natuurlike kleure. Wit en swart is ook 'n moderne en stylvolle kombinasie. |