TUIS | JY KAN HELP | KUBERKUIER | BOEKDINGE | E-BRIEWE | LEEF 100% | WEDSTRYDE | KONTAK ONS | TEKEN IN | ADVERTEER
GESELS
SAAM
REDAKTEURS-
BRIEF
ARTIKELS OP DIE
VROU AF
SKOONHEID MODE WOON-
IDEES
KOS & WYN OP REIS VERHALE
 
vorige vrae:
alle vorige vrae 
VORIGE VRAE
KOS & WYN - VRAAG & ANTWOORDE
Vraag:  Ek soek koekresepte met neute, asseblief.
Kan enige iemand asseblief vir my resepte gee van koeke met neute in? Ek het al van 'n wortelkoek met neute en speserye gehoor, maar ek kry nie die resep nie.

Antwoord: Wortelkoek:
  • 100 g pekan of okkerneute, grof gekap
  • 340 g (2 koppies) gerasperde wortels
  • 280 g koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 7 ml bakpoeier
  • 7 ml kaneel
  • 2 ml sout
  • 4 groot eiers
  • 300 g suiker
  • 240 ml sonneblomolie
  • 10 ml vanielje-geursel

    Voorverhit die oond na 180 °C. Smeer of spuit twee 23 cm koekpanne. Sif die meel, koeksoda, bakpoeier, sout en kaneel saam. In 'n elektriese menger klits die eiers vir so 1 minuut. Voeg die suiker lepel vir lepel by en klits tot romerig en lig van kleur.

    Voeg nou die olie by deur dit stadig by die eier / suiker mengsel in te klits. Voeg nou die vanielje-geursel by. Voeg nou die gesifte droë bestanddele by en roer liggies deur tot net gemeng. Vou die gerasperde wortels en neute in die mengsel in.

    Verdeel die mengsel in die 2 gesmeerde koekpanne en sit in die warm oond (sorg dat jou oondrakkie in die middelste rak van jou oond is) Bak nou die 25 tot 30 minute. Toets met 'n dun pennetjie om seker te maak die koek is gaar. (druk die pennetjie of tandestokkie in die middel van die koek en dit moet dan droog uitkom.)

    Versiersel:

  • 113 g ongesoute botter, by kamertemperatuur
  • 454 g roomkaas
  • 275 g versiersuiker, gesif
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 5 ml vanielje-geursel
  • 30 ml suurlemoensap

    In 'n elektriese menger klits die botter en roomkaas stadig saam tot daar geen klonte meer is nie. Voeg die gesifte strooisuiker geleidelik by en klits goed na elke byvoeging. Heel laastens voeg die suurlemoenskil, sap en vanielje-geursel by.

    Versier die koek met van die versiersel in die middel en die res net bo-op die koek - nie langs die kante nie. Versier met nog okkernuete of pekanneute. Geniet en ek hoop dit is die resep wat jy gesoek het.

  • POS 'N NUWE BOODSKAP
    Het jy enige KOS & WYN vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
    Jou naam:
    Jou e-pos adres:
    Die onderwerp:
    Die boodskap:
      

    ON WOMEN24 REGULARS ABOUT WOMEN24
    Home
    FREE Newsletter
    Competitions
    Love & Sex
    Books & Astrology
    Fashion & Beauty
    Careers & Money
    Pregnancy & Parenting
    Wellness
    Home & Away
    TV & Gossip
    Chat & Win!
    Competitions
    Book Club
    Horoscopes
    Soapies
    Columnists
    Blogs
    Cartoons
    Find restaurants
    Terms and conditions
    Contact Us
    Advertising