|
|
|
|
KOS & WYN - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: Boontjiesop
Ek is op soek na 'n heerlike boontjiesop resep, dalk een van die resepte wat die ouer garde gebruik. Baie dankie
Antwoord: Boontjiesop met spek (Sarie 14 Julie 1999)
1 x 500 g pakkie droë suikerbone, met koue water bedek en oornag geweek
125 g gerookte spek, in blokkies gesny
1 varkpootjie
sowat 2.5 l water
1 groot ui, gekap
1 wortel, gerasper
1 blikkie (65 g) tamatiepasta
2 lourierblare
6 wonderpeperkorrels
3 kruienaeltjies
'n paar takkies pietersielie, gekap
10 ml bruinasyn
sout en vars gemaalde swartpeper
ciabatta-brood, gesny
2 knoffelhuisies, skoongemaak
olyfolie
1. Spoel bone af onder koue water en dreineer
2. Dompel varkpootjie vlugtig in kookwater en was goed af
3. Skep spek in 'n groot kastrol en braai oor lae hitte tot bros. Skep uit. Braai varkpootjie in dieselfde kastol tot bruin alkante.
4. Skep bone by varkpootjie in kastol en voeg water by. Verhit tot kookwater en skep skuim met 'n gaatjieslepel af.
5. Voeg res van bestanddele tot en met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2 1/2 tot 3 uur of totdat bone sag is. Geur na smaak met sout en swartpeper.
6. Verwyder varkpootjie en druk bone fyn met aartappeldrukker. Proe en geur na smaak indien moontlik.
7. Rooster snye ciabatta aan albei kante onder 'n voorverhitte roosterelement tot goudbruin. Vryf een kant met 'n knoffelhuisie en drup oloyfolie bo-oor. Sit sop voor met 'n sny broodjie.
(Onthou om nie sout by die bone te voeg voordat dit nie saggekook het nie, indien jy sout bysit voordat dit gekook het, sal die bone nooit sag word nie).
|
|
|
|
|
Het jy enige KOS & WYN vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|