TUIS | JY KAN HELP | KUBERKUIER | BOEKDINGE | E-BRIEWE | LEEF 100% | WEDSTRYDE | KONTAK ONS | TEKEN IN | ADVERTEER
GESELS
SAAM
REDAKTEURS-
BRIEF
ARTIKELS OP DIE
VROU AF
SKOONHEID MODE WOON-
IDEES
KOS & WYN OP REIS VERHALE
 
vorige vrae:
alle vorige vrae 
VORIGE VRAE
KOS & WYN - VRAAG & ANTWOORDE
Vraag:  Suurlemoen meringue
Ek is op soek na 'n suurlemoen meringue met 'n eenvoudige kors. Het u dalk so 'n resep vir my?

Antwoord:
  • Suurlemoen-meringuetert ( Sarie, 12 Oktober 1994)

    Die deeg is genoeg vir twee tertdoppe van 200 - 240 mm

    Kors

  • 350 g koekmeelblom
  • 5 ml (1t) sout
  • 15 ml (1e) versiersuiker
  • 250 g koue botter, in klien blokkies gesny
  • 60-100 ml yswater

    Vulsel

  • 1 blik (397 g) gekondenseerde melk
  • 1/2 blik vars suurlemoensap ( lees metode dan sal jy verstaan)
  • 4 eiergele
  • 7.5 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 6 eierwitte
  • 2.5 ml kremetart
  • 90 -120 ml strooisuiker

    1. Kors: Sif meel, sout en versiersuiker saam, vryf koue botter met vingerpunte in totdat dit soos fyn broodkrummels lyk 9 dit kan ook in 'n voedselverwerker gedoen word. Voeg net genoeg yswater by om deeg aanmekaar te laat klou. Druk deeg plat in 'n ronde sirkel, bedek met kleefplastiek en laat in yskas vir 1 uur of tot nodig.
    2. Spuit 'n diep quichepan of koekpan met kossproei. Halveer deeg en rol uit in 'n sirkel op 'n meelbestrooide oppervlak. Voer pan versigtitg uit en plaas terug in yskas tot deeg weer ferm is. Voer uit met foelie en vul tertdop met bone of rys. Bak in 'n voorverhitte oond by 200 ?C vir 15 - 20 minute. Verwyder foelie met bone en bak nog 5 minute of tot deeg gaar is. Laat afkoel.
    3. Vulsel: Giet gekondenseerde melk in mengbak en maak kondensmelkblikkie halfpad vol met suurlemoensap. Roer om al die melk in die blikkie op te los, voeg by gekondenseerde melk in bak. Voeg eiergele en gerasperde skil by en meng goed. Klop een eierwit tot styf, voeg by die gekondenseerde melkmengsel in en skep in tertkors.
    4. Klop orige eierwitte met kremetart tot amper styf, voeg suiker geleidelik by en klop tot styf en glad. Smeer oor vulsel of spuit met 'n spuitsak en buis. Bak sowat 10 minute in 'n voorverhitte oond by 180 ?C of tot meringue goudbruin is. Sit voor by kamertemperatuur. Moenie in yskas plaas nie.

  • POS 'N NUWE BOODSKAP
    Het jy enige KOS & WYN vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
    Jou naam:
    Jou e-pos adres:
    Die onderwerp:
    Die boodskap:
      

    ON WOMEN24 REGULARS ABOUT WOMEN24
    Home
    FREE Newsletter
    Competitions
    Love & Sex
    Books & Astrology
    Fashion & Beauty
    Careers & Money
    Pregnancy & Parenting
    Wellness
    Home & Away
    TV & Gossip
    Chat & Win!
    Competitions
    Book Club
    Horoscopes
    Soapies
    Columnists
    Blogs
    Cartoons
    Find restaurants
    Terms and conditions
    Contact Us
    Advertising