1 bossie kruie, toegebind in 'n moeslindoekie
Glasuur:
1 stuk wars gemmer (8 cm)geskil en gekap, 3 knoffelhuisies, gekneus, 20 ml dro?jerrie, 125 ml heuning, 30 ml appelkooskonfyt, heel naeltjies
1. Bind ham met tou vas 2.5 ml uit mekaar. Dit verseker dat die ham sy vorm gehou in die kooproses.
2. Plaas al die bestnaddele tot en met die bossie kruie in 'n groot kastrol en bring tot kookpunt. Plaas ham in water en maak seker dis groendeels met water bedek. Indien nie, voeg nog water by. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut. Skep skuim deurentyd af met 'n gaatjieslepel. Bedek en laat stadig prut vir 20 minute per 500 g (1 uur 40 minute vir 2.5 kg). Vul water gedruende kookproses aan.
3. Verwyder van stoof en laat ham in kookvloeistof afkoel.
4. Glasuur: Plaas al die bestanddele vir die glasuur in 'n kastol en verhit tot kookpunt. Giet deur 'n sif en laat eenkant staan vir geure om te ontwikkel. Voorverhit oond tot 200°C.
5. Verwyder ham uit kookvloeistof sodra afgekoel. Maak een hoekie van vel los met 'n mes en trek vel van vet af. Gooi vel weg.
6. Maak snye in vet met 'n skerp mes 2.5 cm uitmekaar om 'n diamantpatroon te vorm. Plaas 'n naeltjie in elke patroon.
Verf warm glasuur versigtig oor ham. Rooster onbedek vir 20 minute teen kamertemp voordat dit voorgesny word. Sit voor met 'n geurige mosterdsous.