TUIS | JY KAN HELP | KUBERKUIER | BOEKDINGE | E-BRIEWE | LEEF 100% | WEDSTRYDE | KONTAK ONS | TEKEN IN | ADVERTEER
GESELS
SAAM
REDAKTEURS-
BRIEF
ARTIKELS OP DIE
VROU AF
SKOONHEID MODE WOON-
IDEES
KOS & WYN OP REIS VERHALE
 
vorige vrae:
alle vorige vrae 
VORIGE VRAE
KOS & WYN - VRAAG & ANTWOORDE
Vraag:  Flan
Ek is opsoek na 'n "flan" kors resep. Dit is nie die deeg wat uitgerol word nie, dit is soortgelyk aan 'n koekbasis van 'n sjiffonkoek. Die holte word dan gevul met 'n vla/roombasis met vrugte. Checkers verkoop van die klaargebakte "flans" by hulle koek/brood afdelings. Dit is die tipe kors wat ek wil bak - 'n sagte vulsel soos 'n koek.

Antwoord: Die tipe deeg wat mens gewoonlik gebruik vir 'n 'flan' of losboom tertrandpan is 'n broskorsdeeg. Dit is ook dieselfde tipe deeg wat gebruik word vir 'n quiche of souttert. Hier volg die resep:
Broskorsdeeg:
Die resep is voldoende vir 2 tertdoppe, elk 23 cm in deursnee.
280 g (500 ml) koekmeelblom
2,5 ml sout
125 g koue botter, in blokies gesny
125 ml koue water
5 ml suurlemoensap

1. Sif koekmeelblom en sout saam in 'n mengbak. Voeg koue botterblokkies by en vryf die botter in die meel in. Dit sal geleidelik soos broodkrummels begin lyk.
2. Meng water en suurlemoensap en voeg dit by die droë bestanddele. Voeg eers net twee derdes daarvan by en geleidelik meer as dit nodig is. Meng tot 'n stywe deeg en knie tot gemeng.
3. Bedek met kleefplastiek en plaas vir 'n uur in die yskas.
4. Rol deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik en voer 'n flanpan daarmee uit. Prik die bodem met 'n vurk, bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas tot benodig.
(hierdie is die sout deeg en kan gebruik word om 'n Quiche te maak)

Ryk Broskorsdeeg:
Word verryk met ekstra smeer, suiker en 'n eiergeel. Dit word gebruik vir soet of soutterte. In die geval van soutterte, laat net die strooisuiker weg. Voldoende vir 2 tertdoppe, elk 23 cm deursnee.

280 g (500 ml) koekmeelblom
2 ml sout
200 g koue botter, in blokkies gesny
15 ml strooisuiker
1 eiergeel
20 ml yswater
5 ml suurlemoensap

1. Sif koekmeel en sout saam in 'n mengbak. Voeg botter by en vryf in dro?estanddele in. As al die botter ingevryf is, sal dit soos broodkrummels lyk.
2. Voeg strooisuiker by en roer deur. Meng eiergeel, yswater en suurlemoensap en voeg by droë bestanddele. Knie tot 'n stywe deeg. Bedek met kleefplastiek en plaas vir 1 uur in die yskas.
3. Rol uit op 'n meelbestrooide oppervlak tot 'n dikte van 3 mm dik en voer 'n flan daarmee uit. Prik die bodem, bedek met kleefplastiek en plaas terug in die yskas tot benodig.
('n Losboom tertrandpan is te vlak om 'n koek in te bak, ek stel voor dit word gebruik vir terte)

POS 'N NUWE BOODSKAP
Het jy enige KOS & WYN vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
Jou naam:
Jou e-pos adres:
Die onderwerp:
Die boodskap:
  

ON WOMEN24 REGULARS ABOUT WOMEN24
Home
FREE Newsletter
Competitions
Love & Sex
Books & Astrology
Fashion & Beauty
Careers & Money
Pregnancy & Parenting
Wellness
Home & Away
TV & Gossip
Chat & Win!
Competitions
Book Club
Horoscopes
Soapies
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
Terms and conditions
Contact Us
Advertising