|
|
|
|
SKOONHEID - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: Olierige vel
Ek is 22 & sukkel baie die somer met 'n olierige vel. Het jy dalk enige voorstelle vir my wat ek moet gebruik & wat ek moet vermy? Dankie
Antwoord: Kies 'n produk wat spesiaal geformuleer is om olierigheid te beheer. Elizabeth Arden se reeks produkte vir 'n olierige vel, werk uitstekend. Vermy sterk reinigers.
Moenie die vel stimuleer deur dit te veel te reinig of te skrop nie. Kies altyd 'n vloeimiddel (lotion) eerder as 'n room. Dit bevat minder olie as 'n room en 'n olierige vel het wel vog nodig. Kies onderlaag in 'n olievrye formule. |
|
|
|
|
Het jy enige SKOONHEID vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|