|
|
|
|
SKOONHEID - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: Reaksie op gesigroom
Binne die laaste 6mde het ek nou ernstige allergiese reaksies gehad op 1. Nivea Visage, 2. Clinique Restore, en so pas 3. Like Silk Active Nag. My vel is tans uiters droog en asof verbrand (soos na sonbrand) Ek het tevore Plenitude gebruik, maar vind Revitalift maak my vel lelik. Daarna gebruik ek Nivea Soft - en gebruik dieselfde tans weer. Dit werk, maar ek is 61jr oud en my vel sak nou uit - veral na redelike gewigsverlies. HELP!!!!
Antwoord: Dit klink vir my of jy met 'n sensitiewe vel sukkel. Rooiheid en droogheid is dikwels simptome hiervan. Jy het 'n produk nodig wat 'n sensitiewe vel streel en kalmeer. Probeer gerus Avroy Shlain se nuwe reeks produkte vir 'n sensitiewe vel. Jy kan hulle by (011) 655 3500 kontak om uit te vind waar 'n konsultant in jou omgewing is. Sensitiwiteit is tydelik en kan genees word. Sodra jy hierdie probleem onder beheer het, behoort jy 'n vogroom te gebruik wat die vel verferm en lig. Daar is nou talle op die mark om van te kies. |
|
|
|
|
Het jy enige SKOONHEID vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|