|
|
|
|
SKOONHEID - VRAAG & ANTWOORDE |
|
|
Vraag: Donkerlyne
Ek het donkerlyne onder my o?Pertydae is dit meer prominent as ander dae, Dit lyk of dit sakkies wil vorm later van tyd. Ek wend onderlaag aan om die lyn sagter te maak, maar help nie juis veel nie. Gee raad asb!!!!
Antwoord: Van donker kringe raak jy moeilik ontslae. Dit kan veroorsaak word deur bloedarmoede, die opbou van gifstowwe in die liggaam, niere wat nie behoorlik funksioneer nie en selfs 'n laegraadse infeksie in die liggaam. Probeer 'n reinigingsdieet. Dit kan donker kringe binne 'n week of twee elimineer. Gebruik 'n verbloemroom in plaas van onderlaag. Dit is digter van tekstuur en sal die donker kringe beter wegsteek. Stimuleer die bloedsomloop rondom die oogarea deur liggies met die vingers oor die area te tik. Gebruik verder 'n oogjel of oogroom wat mikrosirkulasie stimuleer en die o?arser laat lyk. |
|
|
|
|
Het jy enige SKOONHEID vrae? Gebruik die vorm hier onder om jou vraag te plaas.
|
|
|
|
|
|
|
|